VIDEO: Donnalee en Ivan deel geslag van baba
Updated | By Jacaranda FM
Die glanspaartjie het ‘n video op hul Instagram-blaaie gedeel en die geslag van die baba daarin verklap.

Opwindende nuus vir Donnalee en Ivan - hulle verwag 'n seuntjie.
LEES OOK: 'Geskenk uit God se hand' sê ouma Ronel oor Karlien se swangerskap
Rolprentpaartjie, Donnalee Roberts en Ivan Botha het die nuus Wonesdagoggend op hul sosiale media platforms gedeel. Ivan het 'n sonar op sy Instagram gedeel en onderaan geskryf: "Die dokter sê jy waai, maar ek weet jy oefen al jou high fives. Vir jou eerste stap, jou eerste fietsry, jou eerste soen, jou eerste reis, jou eerste werk, jou eerste kind, en so gaan die lys aan."
"Ek kan nie wag om jou te ontmoet my seuntjie!" het Botha die inskrywing mee afgesluit.
View this post on InstagramA post shared by Ivan Botha (@ivanbotha17) on
Donnalee het ook die sonar op haar Instagram gedeel en sy het daaronder geskryf dat sy nog nooit in haar lewe 'n liefde so groot gevoel het nie.
"Drie woorde was in my hart geplaas toe ons oor jou nama en lewe gebid het... Moed, Deurnis en Vriendelikheid... Mag al jou besluite vanaf 'n plek van wysheid gemaak word en mag jy altyd genot in die klein oomblike vind. Ons is so verlief op jou! #TheGreatestGift
Show's Stories
-
WATCH: Motorist fills R20 petrol in his vehicle
Petrol attendants laugh over a man's sad attempt to 'fill' his tank.
The Workzone with Alex Jay a minute ago -
Mzansi react to comedian's recreated Met Gala looks
We love to see how content creators can apply their creative visualisati...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 2 hours ago