VIDEO: Sorina aka "Die Flooze" onthul baba-naam
Updated | By MornéJK
Sorina, beter bekend as die Flooze verwag haar tweede babatjie - die keer 'n dogtertjie.

Sorina Erasmus wat 'n niche vir haarself in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheids bedryf uitgekerf het as "Die Flooze" het haar vreugde met MorneJK gedeel.
"Ons het reeds besluit op 'n baba-naam en omdat ons eersteling, Braampie 'n familie-naam het, moes ons weer so maal," het sy gese.
Alhoewel Sorina en haar man Braam besluit het op 'n familie-naam vir haar kleinding, wat die week haar opwagting sal maak, straf hulle darm nie die kleinding met 'n elle-lange naam nie.
"Ons wil immers cool ouers wees," meen sy.
Sorina se die Flooze is vir eers met vakansie totdat haar nuweling hier is maar dan is dit sommer weer gou-gou terug na haar musiek-loopbaan.
Sy se klein Braam, of Braam-bossie soos hulle hom noem, is ook opgewonde oor die koms van sy sussie.

"Braam-bossie verstaan nie mooi nie maar al wat hy weet is dat sussie in my maag is. Nou loop hy na al wat 'n vrou- of man is, wat 'n magie het, en se sussie is daar binne," lag sy.
Kyk hierdie video om te hoor presie wat sussie se naam is.
Show's Stories
-
WATCH: SA politicians' faces placed in urinals in Sasolburg
A video showing South African politicians' faces placed in urinals in a ...
Breakfast with Martin Bester 13 minutes ago -
SA's most expensive city to buy groceries
This is the most expensive city to buy groceries as of June 2025.
Breakfast with Martin Bester an hour ago