Heinz Winckler gesels oor seksuele oriëntasies en die Bybel

Heinz Winckler gesels oor seksuele oriëntasies en die Bybel

Dié glanspaartjie het prontuit gesels oor Aletté-Johanni se voorkomskonsultant-skool, Heinz Winckler se bediening en ook die heftige kritiek wat hulle ontvang. 

Heinz Winckler gesels oor seksuele oriëntasies en die Bybel
Verskaf

Heinz en Aletté-Johanni Winckler was vandeesweek Rian van Heerden se gaste op 'Laataand by Rian'. 

Dié glanspaartjie het prontuit gesels oor Aletté-Johanni se voorkomskonsultant-skool, Heinz se bediening en ook die heftige kritiek wat hulle gekry het nadat hulle hul Christelike boeke – 'Lewensgids Vir Mans' deur Heinz en 'Lewensgids Vir Vroue' deur Aletté – by die Breytenbach-sentrum in Wellington bekendgestel het. 

LEES: Rob Hersov: 'SA sal alles moet op meriete beoordeel'

Heinz is die eerste Suid-Afrikaanse 'Idols'-wenner en nou pastoor, en Aletté-Johanni is 'n motiveringspreker, skrywer en sakevrou. 

Rian het sommer dadelik ingespring en vir Aletté-Johanni gevra oor die onlangse mediaberigte dat sy studente by haar voorkomskonsultant-skool oplei om vir Heinz se Love Key-kerk te werk. 

"Dit was 'n skok vir my sisteem. Ek kon nie eintlik glo dat 'n ondersoekende joernalis die saak behartig het nie. Dit was vir my so ongelooflik dat hulle een persoon se opinie kon vat en 'n opskrif soos dit kon skep. Dit was vir my so moeilik om in daardie tyd stil te bly, maar dit is wat die Here vir my gesê het," was haar antwoord.

LEES: Nuwe dokumentêre-reeks oor die geskiedenis van Afrikaans

Heinz het ook die storie vertel oor hoe hy en Aletté mekaar gevind het. Hy was besig om 'n pad te stap met 'n pastoor in 2005 oor innerlike genesing. By die laaste sessie het hy 'n duidelike visie voor hom sien afspeel. "Ek het 'n epic shot gesien van myself wat langs 'n vrou staan, en ek het baie duidelik drie seuns en 'n dogter gesien." Hulle het mekaar toe al 'n jaar geken, maar was nog nie ’n paartjie nie. En vandag het Heinz en Aletté inderdaad drie gesonde seuns en 'n dogtertjie.

Die gesprek het gedraai na die Wincklers se boekbekendstelling by die Breytenbach-sentrum in Wellington verlede jaar. Dit het groot omstredenheid veroorsaak ná Heinz se stelling oor seksuele oriëntasie in skole in 2021. Heinz het kapsie gemaak teen Laerskool De Hoop, waar sy kinders skoolgaan, se besluit om 'n transgender leerder te akkommodeer. 

LEES: Een baba sterf nadat tweeling 14 dae uit mekaar gebore is

"Die persepsie wat daarbuite is, is dat as ons van jou verskil dan haat ons jou. En dit is so nie waar nie. Ons is lief vir mense. Ons is kinders van die Here. Ons wil nie mense stenig nie," het Aletté gesê.  

Heinz het op sy beurt gesê soos hy dit verstaan, was Breyten Breytenbach ’n kampvegter vir ’n paar dinge, onder meer, vryheid van spraak. “Ek is dankbaar vir die mense van die sentrum wat nie geval het vir die intimidasie-nonsens nie. En ek’s dankbaar vir almal wat gekom het en nie geval het vir die intimidasie en valse aantuigings teenoor ons nie.”

Rian en die Wincklers het verder gepraat oor die betekenis van die Bybel en hoe jy dit as gelowige moet interpreteer. 

Daar was nie, soos gewoonlik in 'Laataand by Rian', 'n tweede gas nie.

Rian gesels volgende week met die veteraan-radio-aanbieder Darren Scott. Hy is al dekades lank in die radio- en televisiebedryf, maar veg tans teen 'n aggressiewe kanker.

'Laataand by Rian' word Dinsdae om 21:00 op kykNET (DSTV-kanaal 144) uitgesaai en is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar. 

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories