DF Malan in die Kaap heet binnekort DF Akademie
Updated | By Nathan Daniels
DF Malan, ‘n hoërskool in Belville, se naam sal na verwagting binnekort na DF Akademie verander word.

Dit na 72% van die wat kruisies getrek aangedui het dat DF Akademie hul voorkeurkeuse is vir die nuwe naam.
Protea Akademie was ook op die tafel.
Daar is reeds in 2020 met ‘n proses begin om die skool se naam te verander.
‘n Stempresentasie van 36,5% is aangeteken, nadat 3 466 kruisies uit die totaal van 9 496 stemgeregtigdes is Vrydag getrek is.
Die stemmery volg ondanks teenkanting van ‘n groep wat hul ‘Trots DF Malan’ bestempel.
“Die beheerliggaam sal nou die uitslae volledig analiseer en bekragtig. Daarna sal die voorgestelde naam formeel aan die Wes-Kaapse Onderwysdepartement voorgelê word ter goedkeuring,” lees ‘n brief wat deur die skool se beheerliggaam op Saterdag vrygestel is.
Die beheerliggaam sê hulle hoop dat die ongemaklike proses van verandering nou iets van die verlede is.
“As skoolgemeenskap het u laat blyk dat u gereed is om die skool se identiteit finaal te ontkoppel van die eertydse politieke figuur, DF Malan.”
Show's Stories
-
Narcissists we love: Partners, parents and the pain
"Narcissism at home is often modelled by the parent."
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp a minute ago -
These public officials can earn up to R42,400 per day
CEOs of South Africa's state-owned enterprises (SOEs) can earn up to R42...
Breakfast with Martin Bester an hour ago