Gedenksteen opgerig ter nagedagtenis aan Brendin Horner

Gedenksteen opgerig ter nagedagtenis aan Brendin Horner

‘n Gedenksteen is in Noordwes opgerig om hulde te bring aan die ontslape jong plaasbestuurder Brendin Horner.

Brendin Horner Gedenksteun
Facebook: Die Waarheid Media

‘n Gedenksteen, ter ere van Horner, is by Baberspan Oord tussen Delareyville en Sannieshof opgerig.


 


Die huldeblyk is Saterdag opgerig – presies twee jaar na hy op 1 Oktober 2020 dood is.


 


Horner het gereeld by diè pan gekuier en visgevang – en dis ook waar sy as gestrooi is.



LEES: Accused in Brendin Horner murder case acquitted of all charges


 


Mense van regoor die land het die onthulling bygewoon en hul medelye betuig.


 


‘n Ry wapperende vlae met die bewoording ‘Brendin Horner, ons vir jou’ is ook onthul.


 



Horner is in die ouderdom van 21-jaar dood. Sy pa en ‘n vriend het sy liggaam in die Paul Roux omgewing in die Vrystaat aangetref.


 


Hy het kopbeserings asook beserings aan sy gesig gehad. Daar was ook ‘n tou om sy nek.


 


Twee mans, Sekwetje Mhlamba en Sekwetje Mhlamba, wat vir die gru-moord vervolg was, is deur die Rondgaande Hof in Bethlehem vrygespreek.



LEES: African Farmers Association: Brendin Horner murder ‘hurts us all’

 


Mhlamba beplan om die staat te dagvaar vir die onregmatige inhegtenisneming en kwaadwillige vervolging.


 


Niemand is nog skuldig bevind aan sy moord nie.

Show's Stories