LUISTER: 100 Jaar van ligte, kamera en rolprent aksie!

LUISTER: 100 Jaar van ligte, kamera en rolprent aksie!

Teater, rolprente en TV in Afrikaans is sinoniem met hoe dié kultuur by die dag meer divers en kleurvol raak. 

100 Jaar van Afrikaans web artwork
JacPod

Die aantal stories wat deesdae op die groot en klein skerm vertel word, is ongekend.

So ook het die taalgebruik meer loslit geraak in die dialoog van films om stories te vertel waarmee almal kan identifiseer. 

Episode drie van 100 Jaar van Afrikaans, begin met die verhaal oor die heel eerste Afrikaanse rolprent wat klank gehad het in 1931.

Luister na dié episode:


Die eerste Afrikaanse rolprente is amper ’n honderd gelede gemaak sonder enige resep oor wat werk en wat sou flop.

“Ons moet verstaan daar was nie filmskole nie,” sê die skrywer, resensent en rolprentvervaardiger Leon van Nierop. 

Hy sê die eerste films is hoofsaaklik gebaseer op voorbeelde van Hollywood rolprente. 

Moedertjie, die eerste Afrikaanse rolprent met klank (Foto: YouTube)
Moedertjie, die eerste Afrikaanse rolprent met klank (Foto: YouTube)

Die stigting van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) en die Silwerskermfees het verder bygedra tot ’n oplewing in die kwaliteit van Afrikaans op die grootskerm.

Op die televisie, was dit sepies soos ‘Suid-Ooster’ wat die vonk in die kruidvat was, en dié bedryf in ’n heel nuwe rigting gestuur het. 

“In die Kaap was daar nie vir ons ’n studio om te gebruik nie,” vertel Karen Meiring wat lank aan die stuur van sake by kykNET was, en deesdae K-Films se bestuurshoof is.  

Die produksiespan het uiteindelik besluit om ‘n ou Makro gebou in te span. 

“Ek het nog foto’s van waar ons deur die groot winkelrakke en die hoë ceilings stap. 

“Uiteindelik is dit nou Atlantic Studios”.

100 Jaar van Afrikaans is ’n oorspronklike JacPod mini potgooireeks. 

Dié reeks delf in die ryk erfenis en geskiedenis van Afrikaans, fokus op die rol wat die media en die vermaaklikheidswêreld gespeel het in haar vormingsjare, en waag voorspellings oor waarheen die taal op pad is.

Die reeks is vervaardig en aangebied deur Jacaranda FM Nuus se Marlinée Fouché.

Marlinée Fouché (Foto: Ruan Blignaut)
Marlinée Fouché (Foto: Ruan Blignaut)

Luister hier na vorige episodes:

Show's Stories