Só stuur ons Afrikaans die toekoms in

LUISTER: Só stuur ons Afrikaans die toekoms in

Afrikaans se verjaarsdagmaand is amper op sy kop, maar die toekoms wink, en ons waag ‘n paar voorspellings in die finale episode van ‘n 100 Jaar van Afrikaans. 

100 Jaar van Afrikaans web artwork
JacPod

Ons lag ook saam met Jo Black oor sy gunsteling- Afrikaanse woord, en hoor hoe Tribal Echo se musiek Suid-Afrikaners na trane dryf en in die land hou.

100 Jaar van Afrikaans
Van links na regs: Frazer Barry, Tribal Echo Band (Foto: Facebook), Jo Black (Verskaf)

Dis die heel laaste episode van 100 Jaar van Afrikaans, en dié is ‘n spesiale een, want dis duidelik dat Afrikaans uit haar kokon geklim het en ‘n splinternuwe, kleurvolle baadjie aanhet. 


Luister na dié episode: 

Taalkenners meen boonop die tyd waarin ons leef, gaan bekendstaan as die periode waarin die taal ver-Engels, maar dit hoef nie die einde van die wêreld te wees nie. 

Bun Booyens, voormalige redakteur van Die Burger, som dit mooi op wanneer hy die skrywer Chris Barnard aanhaal:

 “As jy lief is vir Afrikaans skryf ‘n goeie Afrikaanse boek, want ons gaan nie oorleef as ons ‘n klomp kla-gatte is nie. Ons taal gaan groei en floreer, as ons goed in Afrikaans skryf wat vir mense die moeite werd is om te lees, en onderling uit te ruil en vir ander mense daarvan te vertel.” 


100 Jaar van Afrikaans is ’n oorspronklike JacPod mini potgooi-reeks. 

Dié reeks delf in die ryk erfenis en geskiedenis van Afrikaans, fokus op die rol wat die media en die vermaaklikheidswêreld gespeel het in haar vormingsjare, en waag voorspellings oor waarheen die taal op pad is.

Die reeks is vervaardig en aangebied deur Jacaranda FM Nuus se Marlinée Fouché.


Marlinée Fouché (Foto: Ruan Blignaut)
Marlinée Fouché (Foto: Ruan Blignaut)

Luister hiér na vorige episodes: 

Show's Stories