Nog 'n Noordwes student se dood ondersoek
Updated | By Heidré Malgas
Mmathabo Cornelia Sesinyi, 'n 20-jarige student aan die Noordwes-Universiteit in Mahikeng, se liggaam is in haar koshuis ontdek.

Die jongste tragedie kom sowat ‘n maand na die dood van ‘n 23-jarige student in sy koshuiskamer.
Polisie woordvoerder Aafje Botma sê die oorsaak van die student se dood in hierdie stadium nog onbekend.
OFM-nuus het vroeër berig dat ‘n 23-jarige student, Onkgopotse Kgeletsane, in Junie vanjaar dood in sy kamer by die Noordwes-Universiteit se Mahikeng-kampus aangetref is.
“Ons bevestig dat die liggaam van die student gevind is en dat 'n geregtelike doodsondersoek gedoen word,” het Botma gesê.
ANCYL in KZN slams 'unreasonable' delays in Magaqa murder trial
Woordvoerder van die NWU, Louis Jacobs, sê die instelling is hartseer oor die afsterwe van die 20-jarige student by die Mahikeng-kampus, wie se liggaam Dinsdag ontdek is.
“Die student se naasbestaandes is ingelig en sommige familielede was reeds op die toneel waar hulle deur lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens vergesel is.”
Sesinyi was 'n eerstejaar BA Kommunikasie-student en 'n inwoner by die GaTholo-koshuis wat nie op die kampus is nie.

Show's Stories
-
Middelburg-egpaar sterf in tragiese vliegtuigongeluk
Die liggame van twee mense wat in 'n vliegtuigongeluk in Middelburg oorl...
Breakfast with Martin Bester 24 minutes ago -
Former SA rugby star crowned World's Strongest Man
Former Cheetahs player Rayno Nel has become the first African to be crow...
Breakfast with Martin Bester 37 minutes ago