Snerpende koue Sondag in Noord-Kaap, Vrystaat verwag
Updated | By Roderick Titus, OFM Nuus
Dagtemperature begin volgens Nethavani Maandag verbeter met minimum-temperature van -2 en -4.

Inwoners in die Noord-Kaap en Vrystaat kan hulle staal vir snerpende koue dié komende Sondag.
Michael Nethavani van die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) sê Sondag slaan die koue weens nog 'n kouefront behoorlik in die genoemde provinsies toe, met verwagte maksimum temperature van 9 tot 21 grade in die suidelike dele.
Hy sê verder winde van tussen 30 en 40 kilometer per uur word Saterdag in die suidelike dele van die Noord-Kaap én Vrystaat verwag, wat kan lei tot wegholveldbrande.
LEES OOK: Rand Water on track to complete maintenance by Saturday evening
Dagtemperature begin volgens Nethavani Maandag verbeter met minimum-temperature van -2 en -4.
Maksimum-temperature in die twee provinsies gaan tussen 14 en 20 grade wissel, met 'n effense opwaartse neiging van tussen 18 en 22 grade Dinsdag.
Temperature stabiliseer daarna tot in die middel twintigs, het Nethavani aangevoer.
Show's Stories
-
New Instagram feature bad news for stalkers
Stalkers beware, Instagram is ready to out you.
The Drive with Rob & Roz 13 hours ago -
Robbie Wessels tries our homemade Tempo chocolate
Did we just crack the code to the perfect chocolate?
The Drive with Rob & Roz 14 hours ago