Bekende SA-sangeres se broer sterf
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Dié bekende sangeres het Maandag, 28 April, aangekondig dat haar broer oorlede is.

Pieter Daniël Naude, 56, die broer van die Suid-Afrikaanse sanger Juanita du Plessis, is op Sondag 27 April 2025 net ná 21:00 oorlede.
"My boetie, Pieter, het gisteraand 21:05 sy aardse huis verruil vir sy hemelse huis. Baie dankie vir almal se gebede," het Du Plessis op Facebook geskryf.
Naude is Sondagaand oorlede na 'n lang stryd teen kanker.
LEES: Een baba sterf nadat tweeling 14 dae uit mekaar gebore is
Maroela Media het ook berig dat die 'Ska-Rumba'-sanger vroeër vanjaar uit die KKNK in Oudtshoorn moes onttrek weens haar broer se gesondheid.
Volgens die amptelike persverklaring laat Naude sy vrou Ester, dogters Danelle en Sunita, sy ma Francie en sy suster Juanita agter.
"Die familie vra dat hul privaatheid in hierdie moeilike tyd gerespekteer word."
Pieter is op 11 Junie 1968 in Namibië gebore en het in 1986 aan Hoërskool Windhoek gematrikuleer.
In 1995 het hy met Ester getrou, en saam het hulle twee dogters, Danelle en Sunita, gehad.
KYK: Pretoria-inwoners neem aksie teen slaggate
Naude was self ook ’n geliefde sanger wie se loopbaan oor meer as 30 jaar gestrek het.
"Hy word veral onthou vir sy opgewekte en vriendelike geaardheid op die verhoog én van die verhoog af."
"Pieter se herdenking en begrafnis sal gehou word vir familie en nabye vriende wat 'n pad saam met Pieter en sy gesin geloop het."
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: Facebook
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
'Grandpa Robbers' stand trial for Kim Kardashian Paris heist
During the 2016 Paris Fashion Week, the billionaire businesswoman was he...
The Drive with Rob & Roz 12 hours ago -
LISTEN: South Africans can say goodbye to spam calls!
This is not a drill!
The Drive with Rob & Roz 13 hours ago