'Ek mis ma': Karlien van Jaarsveld se skoonma oorlede

'Ek mis ma': Karlien van Jaarsveld se skoonma oorlede

Sangeres Karlien van Jaarsveld het Sondag in 'n Instagram-plasing die hartseer nuus gedeel oor haar geliefde skoonma se afsterwe.

Karlien van Jaarsveld
Instagram/ Karlien van Jaarsveld

Karlien van Jaarsveld is getroud met Joe Breytenbach, 'n voormalige rugbyspeler. 

Die paartjie is sedert 2017 in die huwelik en het twee kinders saam — 'n dogter, Elah, en 'n seun, Johannes. 

Karlien het ook tweelingseuns, Daniël en Eliah, uit haar vorige huwelik met oud-rugbyspeler Derick Hougaard.

LEES: Karlien van Jaarsveld se reis deur rebellie, liefde, verlies en geloof

Die twee het mekaar vir die eerste keer in 2006 ontmoet toe Joe in Frankryk rugby gespeel het. Ná jare se kontak is hulle in 2016 weer herenig en het hul verhouding vinnig gevorder. 

Die verlowing is in September 2016 deur Karlien self via sosiale media aangekondig.

Op Sondag, 27 Julie, het Van Jaarsveld die hartseer nuus bevestig van die afsterwe van Joe se ma. In 'n emosionele Instagram-plasing het sy hul verlies met haar volgelinge gedeel.

"Ai ma. Ek sou so graag nog een keer net wou sê hoe lief ek ma het en dat ma vir my spesiaal is," het sy op Instagram geskryf. 

"Ek het ma lief, lief, hoe lief is ma vir my? Genoeg is goed genoeg, dis goed genoeg vir my."

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories