KYK: JP Dix sing bekende Dire Straits-liedjie op Friday Live
Updated | By Jacaranda FM
Suid-Afrikaanse musikant JP Dix het meer gedeel oor hoe hy op straat opgeëindig het en uiteindelik sy lewe weer omgedraai het.

JP Dix verduidelik dat wanneer dinge net te veel raak en mens dit nie meer kan hanteer nie, dat die lewe 'n baie ongelukkige draai kan vat.
Toe die lewe vir Dix te veel geraak het, het hy op die strate van Centurion beland, waar hy vir ’n jaar lank op donasies geleef het wat hy by ’n stopstraat ontvang het.
Dix het in hierdie tyd ook homself verloor in drank om die pyn te probeer onderdruk.
Van ’n suksesvolle musikant met 'n vrou en kinders het hy alles verloor en op straat opgeëindig.
KYK: Irene-Louise van Wyk sing Adele-treffer
Gelukkig het die bekende musikant se lewe weer 'n goeie draai geneem toe fotograaf en sosiale media-persoonlikheid Albert Bredenhann besluit het om in te tree.
Bredenhann het vir JP gehelp om van die straat af te kom, die nodige hulp te kry, en weer musiek te begin maak.
Dix het Albert, sy aanhangers, sy nuwe liefde en sy 18-jarige dogter Kelly bedank vir hulle ondersteuning in hierdie tyd.
JP Dix op Friday Live
Albert en sy bekende sosiale media-vennoot Nastassja Ras het op Breakfast with Martin Bester kom kuier vir 'n oggend. Tydens hierdie kuier het Martin Bester die geleentheid gebruik om vir Dix te nooi vir 'n Friday Live-optrede.
KYK: Rugby-ster en TikTok-persoonlikheid verloof
Op Vrydag 27 Junie het Dix vir die eerste keer 'n verskyning op Friday Live gemaak.
Hy het sy weergawe van Dire Straits se 'Sultans of Swing' opgetree.
Kyk hier:
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: Jacaranda FM
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Teachers celebrate on social media ahead of school holidays
South African teachers are happy to zip up their bags and bid their clas...
The Workzone with Alex Jay an hour ago -
Whisking it up with the Samba Whisk dance challenge
It seems it isn't just Shakira who can bring us some hip action...
The Workzone with Alex Jay an hour ago