KYK: Demi Lee Moore deel geslag van eersteling

KYK: Demi Lee Moore deel geslag van eersteling

Die Suid-Afrikaanse sangeres, Demi Lee Moore, en haar man het die geslag van hul eersteling op sosiale media gedeel.

DEMI LEE MOORE DEEL GESLAG VAN BABA
Instagram/ Screenshot

Demi Lee Moore en haar man, Barthlo Visagie, het vroeg in April aangekondig dat hulle hul eerste bondeltjie liefde verwag.

Die paartjie het dié fantastiese nuus in 'n sosiale media-plasing op Instagram gedeel.

In die plasing spog Moore en haar man in pragtige wit-en-swart foto's met sonarfoto's van hul eersteling.

LEES: Amor Vittone maak oop oor skok-operasie

"Baba Visagie, in my magie," het die 'Hart Breek'-sangeres in die plasing geskryf.

Kyk hier:

Na die aankondiging was daar nog een ding waaroor almal gewonder het: Wat is die geslag van die baba?

Gelukkig hoef aanhangers nie meer in afwagting te wees nie.

In 'n nuwe plasing op sosiale media het Demi en Barthlo uiteindelik die geslag van hul baba gedeel, en dit is 'n... seuntjie.

"My vriendin sê die ander dag – sy dink dit is 'n meisie, maar sy hoop eintlik dit is 'n seuntjie, want die wêreld kort meer Barts – en ek stem so saam," het Moore saam met die plasing geskryf.

Kyk die aankondiging hier:

Demi het in Maart 2025, tydens ’n onderhoud met Breakfast with Martin Bester, gesê dat haar grootste droom vir Barthlo is om hom as 'n pa te sien.

In haar nuutste enkelsnit, Die Mooi in Jou, het Moore ook ’n "liefdesbrief" aan haar man geskryf.

WATCH: Well-known Springbok expecting another baby

"'Die Mooi in Jou' is op 7 Januarie vanjaar – op my en my man, Barthlo, se huweliksherdenking – geskryf. Ek het dit regtig uit my hart geskryf. Die son skyn altyd deur Bart se oë – hy sien tog net die mooi in my," vertel Demi Lee.

Met die nuwe enkelsnit se titel in gedagte, het Breakfast with Martin Bester met Demi en Barthlo gesels oor die mooi wat hulle in mekaar sien, en meer uitgevind oor die paartjie se liefdesverhaal.

Hier is wat hulle gesê het:

Hoe het jy en Barthlo ontmoet?

"Ek en Barthlo het in 2014 ontmoet in ’n musiekwinkel waar hy gewerk het. Ek het my eerste kitaar gaan koop. Hy het aangestap gekom, en ek het eerste sy rooi All Stars gesien. Ek het toevallig my pienk All Stars aangehad, en dit was die eerste ding wat ons van mekaar opgemerk het."

Wat is Barthlo se mooiste eienskap?

"Sy mooi hart vir mense. Hy wil almal dien. Dit is so spesiaal."

Wat is Demi se mooiste eienskap?

Haar gesindheid, haar deursettingsvermoë en omgee vir mense."

Wat is julle gunsteling-herinnering saam?

"Toe ons in Parys was en by die Versailles-kasteel gesit het teen 'n muur en net gesels het met 'n biertjie."

Wat is jou grootste wens vir Barthlo?

"Om hom te sien as 'n pa."

Wat is jou grootste wens vir Demi?

"Dat ál haar drome waar word."

Demi Lee Moore het ook haar weergawe van 'Outydse Liefde' op Friday Live opgetree:

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Instagram/ Screenshot

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories