KYK: Hierdie man en pa verkies rompe en hakke
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Mark Bryan is soos enige normale heteroseksuele man, getroud met drie kinders. Al wat hom anders maak, is dat hy rompe en hakke verkies.

Wie het gesê dat sekere klere net vir spesifieke geslagte is?
Wel, dit is presies wat die 63-jarige ingenieur Mark Bryan se filosofie oor dié saak is.
Bryan lyk soos enige gewone heteroseksuele man wat getroud is en kinders het.
Hoewel hy soos enige korporatiewe werker lyk met die tradisionele netjiese hemde met knope, en selfs soms 'n das, lyk dinge van die middellyf af ondertoe bietjie anders.
In stede van die netjiese broeke wat gewoonlik saam met die knopieshemde en dasse gedra word, hou Bryan daarvan om rompe en hoëhakskoene te dra.
KYK: Mej. Wêreld SA wen beste rok in Afrika
Baie mense sal dalk aanneem dat die 63-jarige gay is, maar hy is eintlik getroud met ’n vrou en het ook drie kinders.
Volgens Huisgenoot sien Bryan homself ook nie as 'n "crossdresser" nie.
Hy glo net dat modes nie net vir een geslag beskikbaar moet wees nie.
"Ek sien klere as iets sonder 'n gender," sê Mark. "Ek hou daarvan om mans- én vroueklere te dra."
In 2025 vier hy 10 jaar vandat hy gekies het om broeke te verruil vir potloodrompe.
Wat dink sy vrou van die situasie?
Huisgenoot berig dat dit juis Bryan se vrou was wat hom aan rompe en hakke blootgestel het.
KYK: Refentse deel pragtige foto van eersteling vir Moedersdag
"Ons was eendag besig om inkopies te doen toe sê sy: 'Kom ons gaan kyk bietjie na rokke en rompe.'"
"Ek het 'n rooi das met rooi skoene gekombineer, en ek het nog nooit weer teruggekyk nie," het hy gesê.
"Ek's 'n heteroseksuele man. Hoe ek aantrek het niks met my seksualiteit uit te waai nie. Ek hou net regtig van wat ek dra."
Volgens Mark het hy wel al probeer om selfs meer vroulik aan te trek.
"Ek het eenkeer 'n rok saam met 'n pruik en grimering gedra, maar het glad nie soos myself gevoel nie."
Hy erken dat nie alle vroueklere altyd vir sy lyf werk nie, en so het hy sy kenmerkende styl ontwikkel: mansklere bo, vrouerokke en -skoene onder.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: Instagram/ Mark Bryan
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Rooted in earth: India's traditional mud wrestling thrives
Crowds cheer as muscular men in tight loincloths slap sacred scented soi...
The Drive with Rob & Roz 7 hours ago -
Popular actress is selling soap made of her bathwater
The new product has divided the Internet...
The Drive with Rob & Roz 7 hours ago