KYK: Irene-Louise van Wyk sing Adele-treffer
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Die Suid-Afrikaanse sangeres Irene-Louise van Wyk het Adele se 'Someone Like You' tydens Friday Live opgetree.

Irene-Louise van Wyk het haar stempel op die Suid-Afrikaanse musiekbedryf afgedruk met liedjies soos 'Jan Asseblief,' 'Shut Up & Soen My' en die bekroonde 'Tekkies Brand'.
Vir die eerste keer ooit het Van Wyk op Breakfast with Martin Bester kom kuier vir 'n Friday Live-optrede.
KYK: Charlize Berg slaan asems weg met 'Take On Me'
Sy het haar weergawe van Adele se 'Someone Like You' opgetree
Kyk hier:
Nuwe musiek van Irene-Louise van Wyk
Eers het jou tekkies gebrand, maar nou gaan jou 'Voete Jeuk' met Irene-Louise van Wyk se nuutste enkelsnit, wat vanaf 30 Mei 2025 beskikbaar is.
Kyk hier:
Ons almal weet Irene-Louise hou van 'n lekker stukkie vasdans of sokkie, en elke keer kry sy dit reg met haar musiek wat regoor die land in 'n kar, kuierplek of op ’n fees gehoor word – en waarop aanhangers kliphard saamsing en dans.
'Voete Jeuk' is geskryf deur Emil Paul en Hugo Ludik, en Murray Lubbe was die vervaardiger van dié nuwe (binnekort-treffer) liedjie.
KYK: Riana Nel skep nuwe liedjie uit bekende Afrikaanse lirieke
"Ek hou daarvan as mense op my musiek sokkie en saam sing. Dit laat mense ook goed voel en kan ’n lekker partytjie op sit," deel Irene-Louise van Wyk.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: Jacaranda FM
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Snow in SA and icy winds to hit Gauteng as cold front looms
Another cold front is bringing snow to SA and icy winds to Pretoria.
Breakfast with Martin Bester an hour ago -
WATCH: Shocking moment as rugby player slaps referee
The crazy moment caught us all off guard.
Breakfast with Martin Bester 2 hours ago