KYK: Mej. Suid-Afrika Mia le Roux verloof!

KYK: Mej. Suid-Afrika Mia le Roux verloof!

Suid-Afrika se geliefde Mej. Suid-Afrika, Mia le Roux, het aangekondig dat sy verloof is.

Miss South Africa Mia Le Roux wearing her crown and Miss Universe sash
Miss South Africa Mia Le Roux wearing her crown and Miss Universe sash/Instagram Screenshot/Official_Miss SA

Op Saterdag, 10 Augustus, het die beeldskone Mia le Roux geskiedenis gemaak as die eerste dowe Mej. Suid-Afrika.

Le Roux is tydens 'n sterbelaaide geleentheid by die SunBet Arena, Time Square, as Mej. Suid-Afrika aangekondig.

In 'n Instagram-plasing op Dinsdag, 8 Julie, het die glanskoningin fantastiese nuus gedeel – sy is verloof!

LEES: Vermaaklikheidster in hospitaal ná fratsongeluk

Le Roux het foto's van haar en haar verloofde, Luke ten Oever, gedeel.

"Hallo daar VERLOOFDE. @luke_tenoever – ek kan nie wag om jou vrou te word nie," het Mia in haar plasing geskryf.

In een van die foto's spog die paartjie selfs met hul oulike hondjie.

Kyk hier:

"Die enorme liefde, geduld en opoffering wat jy hierdie jaar aan my getoon het, was niks minder as ongelooflik nie. Van die manier waarop jy ruimte vir my skep met kalmte en standvastigheid in die moeilike oomblikke van die lewe, tot die manier waarop ons onsself verloor in lag oor die simpelste dinge," het Mia le Roux geskryf.

"My hart sal jou keer op keer kies – selfs al moet jy eers jou krieketstel vir ’n uur inspekteer wanneer ek vra vir 'n koppie koffie.

"Ons is al 'n rukkie verloof en het saam besluit om net ons klein borrel te geniet. Daardie een oomblik wat net vir 'n kort rukkie aan ons behoort het. En nou is ons gereed om ons vreugde met die wêreld te deel.

"Ons het ja gesê vir vir altyd."

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Instagram/ Mej. Suid-Afrika

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories