KYK: Mej. Wêreld SA wen beste rok in Afrika

KYK: Mej. Wêreld SA wen beste rok in Afrika

Zoalize Jansen van Rensburg, Mej. Wêreld Suid-Afrika, het onlangs koppe laat draai by die ontwerpersafdeling van die Mej. Wêreld-kompetisie.

ZOALIZE JANSEN VAN RENSBURG IG
Mej. Wêreld Suid-Afrika

Zoalize Jansen van Rensburg hou tans Suid-Afrika se naam hoog by die Mej. Wêreld-kompetisie wat in Indië gehou word.

Jansen van Rensburg het koppe laat draai toe sy in 'n ligte satynrok aan die kompetisie se ontwerpersafdeling deelgeneem het.

Sy is ook as die wenner van die World Design-Africa-afdeling aangewys.

KYK: Refentse deel pragtige foto van eersteling vir Moedersdag

Die pragtige rok is deur die bekende modeontwerper Juan William Aria ontwerp.

Die prag-uitrusting word beskryf as "'n meesterstuk wat die rykdom van Suid-Afrika se natuurlike skoonheid en kulturele siel vier."

Kyk hier:

Die wit satynrok het eg-Suid-Afrikaanse blomme daarop geborduur, met 'n massiewe sleep waarop proteas uitgebeeld is.

"In sy hart blom die protea, koning van alle blomme en nasionale simbool in Suid-Afrika, wat eenheid, innovasie en nederige krag beliggaam," het Mej. Wêreld Suid-Afrika in die plasing geskryf.

KYK: Demi Lee Moore deel geslag van eersteling

Jansen van Rensburg het tydens die kompetisie die ontwerper bedank en die rok beskryf as "'n viering van wie ons as 'n nasie is: divers, gewortel en trots."

Volgens Netwerk24 is die ontwerpersafdeling slegs een van die afdelings waarin deelnemers meeding voor die eintlike kompetisie op 31 Mei.

Jansen van Rensburg is slegs 18 jaar oud.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Mej. Wêreld Suid-Afrika

MORE FROM JACARANDA FM


Show's Stories