KYK: Mila en Bennie verklap geslag van baba
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Die akteurspaar Mila Guy en Bennie Fourie het die geslag van hulle baba bekend gemaak in 'n nuwe skreeusnaakse video op sosial media.

Die glanspaar Mila Guy en Bennie Fourie het onlangs die wonderlike nuus gedeel dat hulle swanger is met hulle eersteling.
In 'n nuwe skreeusnaakse video op Instagram het die paartjie ook die geslag van hulle baba gedeel.
En dit is 'n babaseun!
Kyk hier:
Mnr. en Mev. Fourie het vir die eerste keer hulle swangerskap op Instagram aangekondig.
Wat begin het as 'n ernstige video, wat lyk of die paartjie slegte nuus gaan deel, het vinnig ontaard in 'n spesiale oomblik.
"In die laaste paar weke was daar baie gerugte en spekulasie en ons het besluit om die stilte te breek," het die paartjie geterg.
"Ons gaan ook vir baie raad vra soos ons self deur hierdie navigeer."
Na die dramatiese begin van die video, het die paartjie uiteindelik die goeie nuus gedeel.
"Okay fine. Dis nie meer ek en Mila nie, dis ek en Mila en die baba," het Bennie gesê.
"Ek is swanger," het Mila bygevoeg.
Kyk hier:
Mila en Bennie het in April 2023 uiteindelik die knoop deurgehaak na jare van vriendskap.
Mila het op Instagram die eerste foto's van hulle gelukkige dag begin deel met 'n foto van haar en haar man wat langs 'n kar staan waarop die woorde "Just Married" geskryf is.
Kyk hier:
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: Instagram/ Mila Guy
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Dad teaches us why you shouldn't tempt fate with a baby
This one is for the fathers who take the time to play with their babies...
The Workzone with Alex Jay 1 day, 11 hours ago -
Father's Day Pup Walk for the Dads
The perfect day out to celebrate Dad and your pooch...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 1 day, 11 hours ago