KYK: Moot-inwoners gee bekende brug "vriendelike" gesig
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Inwoners van die Moot het Saterdag tydens 'n "skropsessie" díe bekende brug oor gedoen.

Op Saterdag 26 November het inwoners van die Moot saam gespan tydens 'n "skropsessie" om probleme in hulle omgewing op te los en skoon te maak.
Deel van die "skropsessie" was om die bekende brug op die hoek van Nico Smithstraat en 24ste Laan oor te doen.
LEES: 942's se Lisa Taylr deel goeie nuus na kankeragtige gewas
Die brug spog nou met twee pare vriendelike oë wat inwoners groet.
Die oordoen van die brug was deel van 'n groter projek genaamd 'Die Moot Projek' wat strewe daarna om hulle gemeenskap en omgewing veilig en skoon te hou.
Een kant van die brug is met Ndebele-vorms in blou-en-wit geverf en die ander kant met "vriendelike gesigte" geverf.
LEES: Willem Kruger se liggaam gevind bevestig spesialis ondersoeker
Volgens Maroela Media, is die "gesigte" deur die jong kunstenaar Andrew Sevenster geverf.
Tydens die "skropsessie" het die inwoners ook bome en bosse gesnoei, vullis opgetel en lampale en verkeersligte geverf.
Sien die foto's hier:
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Nightmare at the museum as tourist breaks Van Gogh chair
The cardinal rule when visiting museums is not to touch anything...This ...
The Workzone with Alex Jay 10 minutes ago -
Narcissists we love: Partners, parents and the pain
"Narcissism at home is often modelled by the parent."
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 2 hours ago