KYK: Rugbyafrigter se inspirerende woorde roer harte

KYK: Rugbyafrigter se inspirerende woorde roer harte

Dit is een van die mooiste video's ooit!

RUGBYAFRIGTER MOTIVEER SPELER
Facebook/ Skermgreep

Afrigters en onderwysers het 'n groot impak op kinders se lewens, en hoe hulle jong leerlinge en spelers hanteer, sal lank by kinders bly.

'n Emosionele video wat onlangs op Rugga Chat gedeel is, bewys net hoe spesiaal die verhouding tussen 'n afrigter en 'n jong speler kan wees.

KYK: Trane rol tydens Corlea se emosionele volkslied-optrede

In die video deel Mr Bok, 'n o.16-rugbyafrigter van Hoërskool Lichtenburg, 'n emosionele boodskap van motivering met een van sy spelers.

"Ek back jou nog steeds 110%," sê Bok aan die begin van die video, vermoedelik ná 'n wedstryd wat nie te goed gegaan het vir die jong rugbyspeler nie.

Die jong seun is duidelik verskriklik hartseer en teleurgesteld, maar Mr Bok se woorde kry hom vinnig weer reg.

"Ons kry af dae; dis wat ons doen ná daai af dag wat saak maak," het Mr Bok verder gesê.

"Gaan ons toelaat dat die af dag jou binne-in jou hart bly pla… of gaan ons daai wiel nou draai, pappie?

"Kom ons draai daai wiel — I believe in you.”

KYK: Mej. Suid-Afrika Mia le Roux verloof!

Mr Bok verwys ook dat hy en die speler "'n moeilike pad" gestap het dié jaar, maar sê dat die speler hom verkeerd bewys het.

"Jy het altyd vir Mr Bok se backing," het die afrigter aan die einde gesê, waarna die twee vir mekaar 'n stywe drukkie gee.

Kyk die video hier:

Vertel ons meer hier:

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Facebook/ Skermgreep

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories