KYK: Sewejarige terug by skool ná krokodilaanval

KYK: Sewejarige terug by skool ná krokodilaanval

Die sewejarige Johandré Blom is uiteindelik terug by die skool ná hy sy arm verloor het in 'n krokodilaanval.

JOHANDRE BLOM AND FAMILY GOOD MORNING ANGELS
Jacaranda FM

Nege weke nadat die brawe sewejarige Johandré Blom 'n krokodilaanval oorleef het, is hy uiteindelik terug by die skool.

Die Blom-gesin het 'n foto van Johandré op sy eerste dag terug by die skool op hul Facebook-blad gedeel.

Kyk hier:


"Johandré was vandag terug skool toe en hy het elke oomblik geniet. Hy het dit baie goed hanteer en het selfs gemis om huiswerk te doen," het die plasing gesê.

Die familie is tans positief oor die toekoms, alhoewel daar nuwe uitdagings op hulle wag.

KYK: Mej. Wêreld SA wen beste rok in Afrika

"Dis nog 'n lang pad voorentoe vol nuwe uitdagings, maar ons is verskriklik optimisties oor sy vordering tot dusver en is so trots op ons ysterseun."

Good Morning Angels

Verskeie luisteraars uit die visvang- skool- en Hartbeespoort-gemeenskappe het Good Morning Angels genader om die Blom-gesin by te staan nadat Johandré sy arm in 'n krokodilaanval verloor het.

Met die hulp van ons wonderlike borge het ons daarin geslaag om R400,000 in te samel om die jong seun en sy gesin te ondersteun.

Op die oggend toe Johandré se pa Jacaranda FM besoek het, het hy ook die wonderlike nuus ontvang dat sy seun uit sy koma ontwaak het — en sedertdien het dinge net verbeter.

KYK: Demi Lee Moore deel geslag van eersteling

Breakfast with Martin Bester het weer met die gesin gesels om uit te vind hoe hul lewens verloop het sedert die verskriklike aanval.

Die aanval

Die sewejarige Johandré Blom, sy pa Corné, en ma Amanda het saam met vriende ’n naweek-visvanguitstappie by ’n dam naby Brits geniet die naweek van 21 Maart (Menseregtedag).

Johandré en sy maat Dylan het in die vlak water gespeel, net ’n paar meter van waar hul pa’s hul vislyne in die water gehad het.

In ’n oogwink het hul rustige dag in ’n nagmerrie verander toe ’n groot krokodil vir Johandré gryp en hom die water in sleep.

KYK: Refentse deel pragtige foto van eersteling vir Moedersdag

Dylan het geskree, en Corné het die water ingestorm en sy seun gegryp.
Die krokodil het hulle laat tol, maar Corné het daarin geslaag om vir Johandré los te ruk — net om te besef dat sy linkerarm afgeskeur is.

Corné het hom na die hospitaal gejaag en is onderweg deur nooddienste ontmoet. Johandré is gestabiliseer en per lug na ’n hospitaal in Alberton vervoer, waar hy in ’n medies-geïnduseerde koma geplaas is.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Jacaranda FM

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories