Video: Polisie kyk toe hoe besetters vee van plaas verwyder
Updated | By Jacaranda FM
‘n Video wat op sosiale media gedeel is, wys hoe indringers vee en ander goedere van ‘n plaas verwyder terwyl polisiebeamptes na bewering net staan en kyk.

Maroela Media het onlangs berig oor 'n insident waar 'n plaasboer se vee en ander goedere van die plaas deur besetters verwyder is.
Jaques Badenhorst, 'n boer van Noordwes, het vertel dat hy reeds ‘n beskermingsbevel teen lede van die Mariba Trust gekry het, as gevolg van dreigemente dat hulle hom van die plaas wil verwyder.
KYK: Mej. Suid-Afrika Mia le Roux verloof!
Dié dreigemente het ‘n realiteit geword toe 'n klomp mans op sy eiendom beslag gelê het.
Volgens Badenhorst het die polisie net gestaan en toegekyk hoe die indringers 'n sleepwa vol goed deur die plaashekke gevat het en vee deur die hekke gejaag het.
Kyk hier:
"Ek weet nie meer watter kant toe nie. Niemand kan my help nie en die polisie is skynbaar te bang om teen hierdie mense op te tree," het hy Donderdag aan Maroela Media gesê.
Volgens Maroela Media het die beskermingsbevel wat deur die landdroshof op Ganyesa toegestaan is, dit duidelik gemaak dat die respondente nie vir Badenhorst of sy vrou mag kontak nie.
Hulle is verbied om die paartjie telefonies of fisiek met geweld te dreig of die eiendom te betree.
Badenhorst en sy vrou boer glo sedert 2016 met wild op die plaas, nadat sy broer die grond in 2012 gekoop het.
Sy broer het egter in 2019 die grond aan die regering verkoop.
Die regering het toe die land aan die Mariba Trust in Noordwes gegee, waarna die Badenhorst-familie die grond by die Trust gehuur het.
LEES: Vermaaklikheidster in hospitaal ná fratsongeluk
"In Desember het die Trust skielik die huurooreenkoms beëindig en laat weet ons moet van die plaas af padgee — hulle wil die grond gebruik," het hy gesê.
Badenhorst het om uitstel gevra omdat hy eers nuwe verblyf moes reël en ’n plan moes maak vir die 250 wilde diere op die plaas
Verskeie vertragings met die vang van die wild het egter daartoe gelei dat hy teen Julie steeds op die plaas was.
"In Junie was die mense hier op die plaas om die wild te vang, maar toe daag lede van die Trust op en verjaag hulle, en dreig om hul voertuie aan die brand te steek. Toe gee die wildvanger pad.
"Nou is die mense van die Trust weer hier op my plaas en sê die wild is hulle s’n. Dis ’n hengse gesukkel en ek het nêrens om my heen te wend nie."
Al is die huurkontrak beëindig, hou Badenhorst vol dat hulle hom nie net van die grond kan afsit nie en dat die Trust eers 'n afsettingsbevel teen hom moet kry.
"Hulle kan nie net hier opdaag en my goed vat nie."
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: Instagram/ Maroela Media
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Dad tries to have honest conversation with his 2-year-old
"I just wanted to have a conversation with you today...This morning you ...
The Workzone with Alex Jay 1 day, 14 hours ago -
Winter playground returns to Melrose Arch
Take the kids out this weekend, visit the Melrose Arch Winter playground...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 1 day, 14 hours ago