KYK: Skokkende boodskap op Pretoria-man se heining
Updated | By Jacaranda FM
Dis een boodskap wat niemand op hulle heining wil sien nie…

Dit is altyd beter om 'n goeie verhouding met jou bure te hê, maar wat is werklik die ergste wat kan gebeur as jy dit nie het nie?
'n Pretoria-man het onlangs opgestaan met 'n skokkende boodskap wat op sy heining gespuit is.
LUISTER: Appel deel meer oor hartroerende nuwe enkelsnit
John Oosthuizen, wat in Annlin, Pretoria woon, het Vrydag 22 Augustus die titel van "Die grootste p*es op die blok" gekry nadat dié woorde op sy heining gespuit is.

Volgens Pretoria Rekord het Oosthuizen se seun hom dié oggend gebel en gesê hy moet dringend buite gaan kyk.
Die Pretoria-inwoner was dadelik geskok oor die woorde wat hy op sy heining gelees het.
"Ek weet nie van iemand wat kwaad is vir my nie," het Oosthuizen gesê.
KYK: Rugbyafrigter se inspirerende woorde roer harte
In 'n stemnota het die inwoner 'n waarskuwing uitgestuur dat hy kamera's by sy huis het en sou uitvind wie die woorde op sy heining geskryf het.
"Hier is kameras en ek gaan kyk wie dit is, en ek is jammer vir julle want julle gaan 'n pakslae kry.
"As jy so iets wil sê, wees ’n man en kom sê dit vir my – klop aan my deur en sê dit in my gesig.
"Moenie my heining beskadig nie."
Volgens Pretoria Rekord het Oosthuizen reeds daardie selfde oggend die boodskap toegeverf, maar foto's van die muur is reeds op sosiale media gedeel.
WhatsApp-groepe was ook reeds aan die gons, met ander inwoners wat hulp wou bied om die skuldiges te vang.
Meer hier:
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: Facebook
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
KYK: Skokkende boodskap op Pretoria-man se heining
Dis een boodskap wat niemand op hulle heining wil sien nie…
Breakfast with Martin Bester an hour ago -
Police use SAPS vehicle to escort student to matric dance
Police officers have come under fire after using an official SAPS vehicl...
Breakfast with Martin Bester 2 hours ago