Drie legendes word vanjaar by die Silwerskermtoekennings vereer
Updated | By kykNET
Die Silwerskermfees lig vanjaar die hoed vir drie groot geeste: iemand wat die land al vir jare laat skater het, ’n baanbreker in ’n tyd toe baanbrekers bitter nodig was en ’n vrou wat vir dekades agter die skerms gewoeker het

Leon Schuster, Vinette Ebrahim en Marida Swanepoel word by die Silwerskermtoekennings vereer vir hulle lewensbydraes tot die vermaakwêreld in Suid-Afrika.
WATCH: Checkers unveils SA's first-ever smart trolley
Leon en Vinette word Saterdagaand 23 Augustus by die Silwerskermtoekennings vir Film en Televisie in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (Kiks) gehuldig, en Marida ontvang daardie oggend haar eerbewys by die toekenningsgeleentheid in The Bay Hotel.

Leon Schuster
Leon Schuster is ’n filmmaker, komediant, akteur en sanger, maar bowenal het hy ’n reusebydrae tot nasiebou gelewer.
Leon, gebore en getoë in Bloemfontein, het ’n BA-graad aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf, waar hy vir die Shimlas rugby gespeel het. Ná ’n draai as onderwyser het sy loopbaan in alle erns in 1975 by die SAUK begin.
READ: 12 high-paying jobs in SA that don't require a degree
Die radioprogram 'Die Vrypostige Mikrofoon' en flieks soos 'You Must Be Joking' en 'Oh Shucks, It’s Schuster' het van Leon ’n huishoudelike naam gemaak.
Hy het ook vir een van die grootste Suid-Afrikaanse treffers gesorg toe hy in 1995 sy liedjie 'Hie’ kommie Bokke' uitgereik het.
WATCH: Man convinces entire Las Vegas club that he is famous singer
Leon se narratiewe rolprente, soos 'There’s a Zulu on My Stoep' en 'Mr Bones', het plaaslike loketrekords verpletter, met Suid-Afrikaners van alle agtergronde wat aanklank gevind het by sy komiese blik op die land.
'There’s a Zulu on My Stoep' het ook gewildheid in Amerika geniet, maar uit sy 18 vollengterolprente is dit 'Mama Jack' wat vir Leon die naaste aan die hart lê.
“As iemand wat vreugde vir Suid-Afrikaners gebring het,” sê Leon is hoe hy onthou wil word.
LISTEN: Ben Rodrigues chats about brand-new single 'Homesick'

Vinette Ebrahim
Vinette was op hoërskool toe sy by The Space-teater in Kaapstad betrokke geraak het.
Rolle in legendariese produksies soos 'Fiela se kind', 'Boesman and Lena' en 'Buckingham Palace, District Six' het gevolg.
WATCH: Viewers shocked by new horror movie trailer
In 2000 het Vinette haar verskyning as Charmaine Meintjies (née Beukes) in die sepie '7de Laan' gemaak en kort daarna volksbesit geword. Intussen het sy steeds in die teater gewerk aan produksies soos 'Miss Africa South', 'Vaselinetjie' en 'My naam is Ellen Pakkies'.
Sedert sy die Laan en sy mense gegroet het, het sy nuwe hoogtes bereik met rolle in 'Binnelanders', 'Generations', 'Diepe waters' en 'Kelders van geheime', asook in TV-reekse soos 'Lioness', 'Koek', 'Legacy' en die minireeks 'Evita in Excelsior'.
WATCH: SA football team show off crazy skills and shenanigans on field
Sy het ook uitgeblink in vollengterolprente soos 'Barakat', 'Swirl' en 'God Is African'. Daarbenewens is Vinette ’n trotse mentor vir jonger spelers, skrywers en regisseurs.
Die hoogtepunt van my loopbaan is die mense saam met wie ek gewerk het. Elke projek waaraan ek gewerk het, was spesiaal, maar die mense ... my medespelers, die crew, die produksiespan. Een-en-vyftig jaar in die bedryf is ’n leeftyd – vir my altans. Hoe voel ek oor die toekenning? Geïnspireerd om nog te gee. Dis nog lank nie verby nie!- Vinette Ebrahim

Marida Swanepoel
Wanneer daar oor die geskiedenis van Afrikaanse TV gepraat word, is daar een naam wat altyd opkom: Marida Swanepoel.
Marida se wortels lê in die Kaap waar sy, onder meer, ’n meestersgraad in Afrikaans aan die Universiteit Stellenbosch behaal het.
LISTEN: Jack Parow drops insane Dricus du Plessis intro song
Sy het by die SAUK in Johannesburg as omroeper aangesluit, en ná haar huwelik met Nic Swanepoel en die geboorte van hulle drie kinders, Elsje, Jan Adriaan en Franci, het sy radioverhale begin skryf. Later het sy by SAUK-TV se oorklankingsafdeling ingeval.
Marida behaal ’n tweede meestersgraad, hierdie keer in linguistiek, en met die begin van kykNET in November 1999, word haar kundigheid uitstekend as kanaalhoof ingespan.
Onder haar leiding word oorspronklike inhoud vir die kanaal geskep, onder meer kykNET se eerste eie dramareeks.
Ek is diep geraak deur die erkenning. Ons het hard gewerk in die beginjare, foute gemaak, dae en nagte deur gesloof, baie gelag, oplossings gekry en diep vriendskapsbande gesmee.- Marida Swanepoel
WATCH: Jonas brothers reveal strange habits and sexy secrets
“Die 17 jaar by kykNET sal ek vir niks verruil nie. Die kultuur binne M-Net was warm en ondersteunend. Almal het mekaar geken. Elke afdeling in die maatskappy het gehelp waar hulle kon en wou hê jy moet slaag. Dit was deel van kykNET se sukses. Een groot liefdevolle familie. Wat meer kan ’n mens vra?”
Sedert haar aftrede is sy steeds ’n gereelde feesganger, uitstekende gespreksgenoot en raadgewer. Die vermaakwêreld in Suid-Afrika sou veel armer sonder Marida gewees het.
Die kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en Televisie vind Saterdag 23 Augustus om 19:00 in die Kiks plaas en sal Sondag 24 Augustus om 19:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai word.
Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
Foto: @SilwerskermFees/X
Meer of Jacaranda FM
Show's Stories
-
Drie legendes word vanjaar by die Silwerskermtoekennings vereer
Die Silwerskermfees lig vanjaar die hoed vir drie groot geeste: iemand w...
The Drive with Rob & Roz 2 hours ago -
WATCH: Checkers unveils SA's first-ever smart trolley
Here's everything we know and what you can expect from the latest shoppi...
The Drive with Rob & Roz 2 hours ago