LUISTER: Christia Visser, Armand Aucamp gesels oor enkelsnit

LUISTER: Christia Visser, Armand Aucamp gesels oor enkelsnit

Armand Aucamp en Christia Visser ken mekaar al vir jare, maar met die hulp van 'n bietjie 'liquid courage', het hul eerste enkelsnit 'Sal Jy Optel' ontstaan.

LUISTER: Christia Visser, Armand Aucamp gesels oor enkelsnit
Verskaf

Christia Visser en Armand Aucamp het baie vinnig in Suid-Afrikaners se harte geklim as gunsteling akteurs in, onder andere, 'Ballade vir ‘n Enkeling' en 'Die Boekklub'. 

Nou het dié twee besluit om saam ‘n enkelsnit op te neem, 'Sal Jy Optel?'.

LUISTER: Hierdié 'Mommies' sê nee vir moontlike seisoen twee

'Sal Jy Optel?' gaan oor ‘n verhouding wat besig is om sy einde te bereik. 

Dit is daardie laaste geveg in jou voor jy uiteindelik die moed opbou om jouself te kies. Maar, daar is altyd nogsteeds so baie dinge wat jy wens jy kon sê.

WATCH: South Africa takes gold at RHS Chelsea Flower Show

Hierdie is die eerste liedjie wat Armand opneem en hy was effens senuweeagtig oor die idee nog voor hy Christia genader het.

Met hierdie unieke duet saam met Armand kan aanhangers ook ‘n ander tipe klank verwag as waaraan hulle gewoond is van Christia.

READ: 72-year-old completes undergraduate studies at Rhodes

Dié liedjie is geskryf deur Christia Visser, Don Kelly, Emil Paul en Dirk van Niekerk. 

Hy is vervaardig deur Dirk van Niekerk van Noted Music, wat ook ander treffers van Christia soos '17 Shots' en 'Die Deur' vervaardig het. 

Christia en Armand deel ook dat hulle nie kan wag om te hoor wat hulle aanhangers van beide die film en musiekbedryf dink van dié liedjie nie. 

LOOK: SA actress announces birth of third child

Luister hulle volle onderhoud met Rozanne McKenzie hier:

Hier is die pragtige musiekvideo:

'Sal Jy Optel?' is nou beskikbaar op alle digitale platforms.

Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

Foto: Verskaf

Meer of Jacaranda FM


Show's Stories