LUISTER: Hierdié 'Mommies' sê nee vir moontlike seisoen twee
Updated | By The Drive with Rob and Roz
'Fokus op wat belangrik is,' het een mamma gesê. Twee mamma's van 'The Mommy Club: Van Die Hoofstad' het erken dat hulle nie deel sal wees van 'n moontlike seisoen twee nie.

'The Mommy Club: Van Die Hoofstad' stroom nou op Showmax, met nuwe episodes wat elke Vrydag beskikbaar is.
LOOK: 'Housewife' Mel Viljoen shines in R55,000 outfit
Die realiteitsprogram bring vyf kragtige Afrikaanse mammas bymekaar wat alles blyk te hê, saam met hul gesinne wat hulle help om hul erfgename groot te maak en hul nalatenskappe te bewaar.
Die rolverdeling sluit in Ansu Viljoen, Crystal Van Der Burgh, Johandri Johnson, Louise Volschenk, en Tessa Tullues.
Vier van die vyf mamma's het by Jacaranda FM kom kuier en meer gedeel oor die program.
LOOK: SA actress announces birth of third child
Vir die wat betrokke is by realiteitsprogramme, is dit nooit maklik nie en jy het nie veel beheer oor hoe die kykers jou persoonlikheid gaan interpreteer nie.
Maar as jy weet elke deel van jou lewe gaan onder 'n vergrootglas geplaas word en uitmekaar gehaal word, hoekom sal jy wil deelneem?
Hoekom nie? Ek voel dat enigeiemand wat soos ons is, wat op soisiale media jou lewe deel, wat jou kos afneem en jou outifits afneem, sal love om te sit waar ons sit vandag. So vir ons was dit 'n groot geleentheid om vir die mense te wys wie ons is, en ons families en hoe ons ons lewens juggle.- Louise Volschenk
Vir Ansu was dit meer oor die onbekende:
Dit was iets nuut. Ek is 'n baie nuuskierige mens so baie keer kry ek myself in goed waar ek nie mooi oor dink nie.- Ansu Viljoen
Alhoewel dit makliker is om die verfilming te geniet, gaan dit nou aan die publiek uitgesaai word.
Die kykers van realiteitsprogramme is geneig om te veroordeel en hulle soms negatiewe opinies baie duidelik te maak.
Veral op sosiale media.
Tog kyk mens nie realitiets televisie vir die storielyn nie, jy kyk vir die drama.
Ek dink dit is maar hartseer want buite die 'show' sou ons almal eintlik baie goed oor die weg gekom het.- Crystal Van Der Burgh
Luister nou die volle onderhoud waar hulle geheime en groot nuus deel:
Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
Foto: Verskaf
More on Jacaranda FM
Show's Stories
-
WATCH: This is how you pass a driver's test!
Decades after getting their driver's licences, Rob Forbes and Rozanne Mc...
The Drive with Rob & Roz 9 hours ago -
Car brand set to close 40% of factories puts SA at risk
Will these plans affect the Rosslyn plant located outside Pretoria?
The Drive with Rob & Roz 10 hours ago