GMA Coronavirus Support helps single mother who suffers from multiple sclerosis

GMA Coronavirus Support helps single mother who suffers from multiple sclerosis

GMA Coronavirus Support and LottoStar supported single mother Monica Naudé with R10 000.

Good Morning Angels
Supplied

BACKGROUND: Goeie more Jacaranda ek (17) is ‘n dwergie, maar alhoewel ek baie klein is wil ek graag vir my ma (55) iets groot doen iets soos dié. 

Ek en my ma bly net buite Witrivier op n plaas - sy huur vir die 2 van ons ‘n klein woonstel. Ons het ongelukkig nie krag of lopende water nie. Mense in die omtrek ry vir ons 25L kanne water aan. Ons maak staat op kerse vir lig in die aande en ek maak vir ons vuur vir enige kos of warmwater wat ons nodig het. Ons moet vuur maak want ons het ongelukkig nie ‘n gasbottel nie bloot omdat daar nie geld is vir een nie. Ek en my ma se enigste inkomste is haar Sassa-geld.  Sy kry ongeskiktheidspensioen omrede sy ‘n terminale siekte het (MS) dis die selfde siekte as wat Joost van der Westhuizen gehad het. 

Dis ‘n siekte wat jou spiere aantas en jou dan met tyd verlam maak. My ma kry R2 200 per maand op haar Sassa waarvan daar dan net ‘n R1000 oorbly na ons woonstel se huur van ‘n R1 200. Met die R1 000 wat oorbly moet ons dan kos koop en alles wat nodig is vir ‘n maand lank (wat nie moontlik is nie). Die kos wat ons wel kan koop kom net ‘n paar dae lank uit - nie eers ‘n week nie. 

Sodra die kos klaar raak doen ons enigiets en alles om te oorleef ek gaan maak tuine skoon (wat ek nie nou kan doen met lockdown nie). My ma gaan verkoop selfs partykeer ons eie klere net om te kan oorleef. My ma is op medikasie (Mestinons) maar tans is sy sonder dit want ons kan dit nie bekostig nie. Sy kan dit net koop by sekere apteke met n voorskrif dis + - R250 vir ‘n week se voorraad en dis bo ons vuurmaakplek. Dit breek my hart om te weet dat die medikasie wat my ma so noodsaaklik nodig het nie in ons bereik is nie. Dit is immers ‘n saak van lewe en dood vir haar. So asb jacaranda, laat die wonderwerk en genade waarvoor my ma elke dag bid oor haar pad kom. 

Gee haar ‘n plekkie in die son. Ek kon nog nooit iets groot vir my ma doen of gee nie so hierdie sal vir my en my ma die wêreld beteken. 

Groete, van julle nommer 1 luisteraar af.

REQUEST FOR: Monica Naudé

REQUEST FROM: Shawn Naudé

ANGEL 1: Jacaranda FM’s Good Morning Angels in partnership with LottoStar

SPONSORING: We’ve sent R 10 000,00 in #AngelRands to Monica Naudé to assist with food and essentials needed to take care of her and her son.

Show's Stories