Good Morning Angels Festive: Helping the De Beer family with R35 000 for medical fund

Good Morning Angels Festive: Helping the De Beer family with R35 000 for medical fund

The De Beer family needed help - and Good Morning Angels and Roman's Pizza decided to give a helping hand. 

Good Morning Angels
Jacaranda FM

BACKGROUND: Karin and Adriaan de Beer were blessed with twin-sons 14 years ago. Their sons, Jan-Adriaan and “Fielies” are the centre of their lives. From the start, it was evident that Fielies did not develop at the same rate as his brother. He suffered from severe epileptic fits due to a rare brain condition. To minimise the fits and to mitigate the brain damage, some years ago, Fielies had an operation to disconnect the left and right brain hemispheres. 

Not long after this, mom Karin was diagnosed with Multiple Sclerosis  Dad, Adriaan and 14-year old twin, Jan-Adriaan are the pillars of strength for this family. Because of their special circumstances, Jan-Adriaan and Fielies are being homeschooled and are members of a homeschooling centre. One of Jan-Adriaan's school friends asked her mom to write to Good Morning Angels, to assist this close and very special family.

REQUEST FOR: The De Beer family

REQUEST FROM: Ursula Grobler

ANGEL: Bonnie Cooper on behalf of our fabulous festive sponsors, Roman's Pizza

SPONSORING: Roman's Pizza will donate R35 000 towards creating a medical fund for the treatment and medical needs of the children from St. Laurence Children’s Haven.

ORIGINAL REQUEST: 

Liewe Angels

My Dogter is in Gr 4 by 'n home school sentrum hier in Pierre van Ryneveld. Sy is baie gelukkig, maar haar hart breek vir een van haar maats.

Jan-Adriaan is 'n Gr 8 leerling by die sentrum. Hy is een van ‘n tweeling, Maar sy boetie Fielies (weet nog steeds nie wat Fielies se regte naam is nie) het STURGE WEBER SINDROOM. Hy het verstandelike en fisiese uitdaging. Fielies is in Alma skool en word gelukkig daagliks op en afgelaai met die skool bussie. Wanneer Fielies by die huis is kan dit uitdagend wees agv sy uitbarsting en behoeftes.

Jan- Adriaan het tot Dinsdag 12 November met ‘n fiets skooltoe gery wat myle te klein was. Een van die mamma’s by die sentrum het toe vir hom 'n groter fiets gebring. My dogter sê sy gesiggie het behoorlik gestraal amper soos iemand wat die Lotto gewen het.

Maar my storie gaan eintlik nie oor Fielies of Jan-Adriaan nie.

Om dinge erger te maak is Jan-Adriaan se mamma, Karin de Beer in 1998 met MS gediagnotiseer. Sy kon nog vroeër die jaar met behulp van krukke loop, maar dinge het skielik agteruit gegaan en kan sy nou glad nie meer loop nie. Sy kan ook nie meer self met 'n gewone rolstoel rond beweeg nie. Mamma het ook reeds beheer oor haar blaas verloor en is nou op doeke.

Jan-Adriaan wil eintlik graag by die huis bly sodat hy weet mamma het darem iemand deur die dag om na haar te kyk. Hy help in die huis en help ook na Fielies kyk. Bo-op dit alles moet hy nog by sy skoolwerk ook uitkom. Sy kind wees het in 'n oogwink verdwyn. 

Pappa Adriaan is enkel broodwinner. Hy werk hard en soms ook baie laat om die bal en huishouding aan die rol te hou. Een amazing man en pappa as jy my vra, met soveel geduld en liefde vir sy vrou en seuns. Altyd 'n glimlag op die gesig en altyd bereid om te help waar hy kan. 

Ons as mamma’s by die sentrum het reeds begin om te probeer help waar ons kan. Ons het reed die nuwe Fiets vir Jan-Adriaan gekry asook n pak doeke vir mamma. Ons is ook besig met beplanning om beurte te maak om te kook vir die gesin sodat pappa en Jan-Adriaan nie nog dit ook hoef te doen nie.

Daar is wel ander en groter behoeftes ook wat ons graag wil probeer aanspreek en daarom skryf ek vandag vir julle.

 

Ander behoeftes: 

* 'n Elektrisie rolstoel vir mamma sodat sy ook weer ‘n bietjie mens kan voel en rond beweeg.

* Nog doeke

* dalk hulp met skoolfons vir Fielies en of Jan- Adriaan

* iemand wat dalk deur die dag na mamma kan omsien tewyl Jan-Adriaan by die skool is en pappa werk.

* dan weet ek nie of 'n mens so iets kry nie, maar iets wat kan help om mamma in en uit die bad te kry

Ek weet ek vra baie, Maar as ons darm net die rolstoel kan kry sal dit al reeds n groot verskil in die wonderlike familie se lewe kan maak.

Ek hoop van harte dat die Angels die gesin sal kan help.

Vriendelike groete,

Ursula Grobler

Show's Stories