"Dolla móés gaan" - Margit groet Dowwe Dolla na twee dekades
Updated | By Scenic Drive With Rian
Na meer as twee dekades sê Margit Meyer-Rödenbeck totsiens aan Dowwe Dolla.

Na meer as twee dekades groet aktrise Margit Meyer-Rödenbeck haar alter ego, Dowwe Dolla.
LEES: Is jou restaurant in die sop? kykNET se nuwe realiteitsreeks kan dalk jou eetplek help
In 2020, het Meyer-Rödenbeck aangekondig dat Dowwe Dolla gaan aftree, maar as gevolg van COVID-19 moes sy eers haar vertonings gekanselleer het. Noudat sy weer op die planke is, wil Dowwe Dolla haar aanhangers behoorlik groet.
LEES: Simoné deel oulike foto's van haar Harper
In die vertoning, 'Dowwe Dolla: Nou Of Nooit' kry aanhangers meer agtergrond oor die twee dekades.
Margit Meyer-Rödenbeck het met die Scenic Drive-span gesels oor Dowwe Dolla se laaste vertoning.
"Ek is lief vir Dolla, maar ek wil nie vir altyd sy wees nie. Ek het ander dinge om te doen. Ek is 51 en ek wil nie meer grappe vertel van enstige goed nie.
"Daar is nog so baie wat ek wil doen, en daarom moes Dolla gaan."
Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Foto: Verskaf
Show's Stories
-
Video: Man achieves balancing act on his fingers
This man balancing on his fingers makes the impossible look effortless.
The Workzone with Alex Jay 22 hours ago -
Mother elephant thanks man for giving baby elephant water
As we celebrate a day that comes with sadness and triumph, we look at th...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 22 hours ago