Geliefde akteur Lieb Bester (72) sterf
Updated | By Scenic Drive With Rian
Akteur Lieb Bester (72) is Woensdagoggend in Pretoria oorlede.

Die legendariese akteur Lieb Bester is Woensdagoggend in Pretoria oorlede. kykNET het die hartseer nuus aan Jacaranda FM bevestig.
Hy is in die ouderdom van 72-jaar oorlede.
Bester het van COVID-19 herstel, maar sy broer, ds. André Bester, noem dat hy die afgelope tyd met swak gesondheid gesukkel het.
Lieb Bester was veral bekend vir sy rol as 'Fritz Retief' in die kykNET-sepie, 'Villa Rosa'.
Hy was ook 'n veldaanbieder vir die TV-program, 'Met 'n Huppel In Die Stap'.
Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Foto: Facebook/ Lieb Bester
Show's Stories
-
WATCH: South African "creates" local version of 'Grand Theft Auto'
What would it look like if one of the most iconic games were set in SA?
The Drive with Rob & Roz 6 hours ago -
SA city crowned Best City in the World!
We love to see South Africa winning.
The Drive with Rob & Roz 7 hours ago