Hannon Bothma maak nou sjampoe vir troeteldiere
Updated | By Scenic Drive With Rian
Die Glam Guru, Hannon Bothma het 'n splinternuwe sjampoe - dié keer vir troeteldiere.

Suid-Afrika se gewilde Glam Guru en TV-aanbieder, Hannon Bothma het 'n splinternuwe sjampoe vir troeteldiere vrygestel.
Die HANNON Skin Calming Pet Shampoo is 'n reiniger vir honde en katte wat sukkel met allergië en droë vel.
VIDEO: Hannon Bothma wys 'sixpack' én deel #lockdown-oefeninge
Alhoewel dit nie 'n medisinale sjampoe is nie, kan dit heel moontlik die sagste sjampoe wees vir troeteldiere.
Die produk bevat die ideale pH-vlak, sagte skuimende bestanddele en bevogtigers, wat jou troeteldier vel sal voed, ontsteking kalmeer en die pels glans gee.
"Jou diere is deel van jou familie. As jy vir jouself net die beste gun verdien jou honde ook net die beste."

Show's Stories
-
Prince Harry almost ended up dating a Kardashian
Prince Harry was nearly set up with one of the Kardashian sisters before...
Breakfast with Martin Bester an hour ago -
The healthiest habit to start before 09:00
According to dietitians, this is the healthiest habit to adopt before 09...
Breakfast with Martin Bester 5 hours ago