KYK: Ons leer ken die nuwe aanbieder van 'Boer Soek 'n Vrou' Marciel Hopkins
Updated | By Scenic Drive With Rian
Die dag het aangebreek - en Marciel Hopkins is die splinternuwe aanbieder van 'Boer Soek 'n Vrou'. Hopkins gesels met die Scenic Drive-span!

In Januarie, het Leah aangekondig dat sy dat sy die gewilde liefdesprogram met 'n 'swaar hart' verlaat.
Na Leah die aankondiging gemaak het, het Suid-Afrika begin wonder wie die volgende aanbieder sal wees.
kykNET het die opwindende nuus Donderdagmiddag gebreek en die nuwe aanbieder van 'Boer Soek 'n Vrou' is Marciel Hopkins!
Die internasionale model het drama aan die Universiteit van Stellenbosch studeer en sy spog ook met ’n Honneursgraad in sielkunde, ook van Maties. Sy het sedert haar studies as ’n lewensafrigter gekwalifiseer en gee gereeld motiveringspraatjies, terwyl sy as professionele model die wêreld rondrits. Hopkins was ook 'n Mej. Suid-Afrika-finalis in 2016.
Hopkins het saam die Scenic Drive-span vir die eerste eksklusiewe radio-onderhoud gesels.
"Ek het einde 2019 uitgevind dat ek die nuwe aanbieder gaan wees. Ek moes dit so lank stil hou - en dit was moeilik.
"Twee jaar terug het ek 'n oudisie gedoen vir 'Boer Soek 'n Vrou' - so ek is glo ek is nou op 'n goeie plek vir die program.
"Ek glo ek was die beste opsie omdat ek het al die nodige vaardighede. Ek het sielkunde studeer asook drama - so dit is die perfek.
"Die nuwe seisoen begin Oktober."
Bekroonde sjef en televisie-aanbieder Sarah Graham het vir Marciel verras met iets spesiaal.
KYK HIER
Show's Stories
-
Prince Harry almost ended up dating a Kardashian
Prince Harry was nearly set up with one of the Kardashian sisters before...
Breakfast with Martin Bester 32 minutes ago -
The healthiest habit to start before 09:00
According to dietitians, this is the healthiest habit to adopt before 09...
Breakfast with Martin Bester 4 hours ago