KYK: Splinternuwe romantiese komedie 'Kaalgat Karel'
Updated | By Scenic Drive With Rian
Splinternuwe romantiese komedie 'Kaalgat Karel' stel amptelike lokprent bekend!

'Kaalgat Karel' vertel die verhaal van Karel Venter (Francois Jacobs) – ’n dertigjarige kaalnaeler wat die ongewensde aandag wat sy aksies by sportgeleenthede kry geniet!
LEES: Hannon Bothma maak nou sjampoe vir troeteldiere
Hy raak halsoorkop verlief op die paramedikus, Rita (Christia Visser) wat hom red nadat ’n kaalnaelsessie skeefloop, maar daar is een probleem; sy is ’n ernstige en pligsgetroue enkelma wat geen belangstelling het in sy bedrywighede nie.
“Dis ’n eerlike fliek oor ’n man wat lief is vir die lewe en mense,” sê Francois, wat puik is in die hoofrol van hierdie skreeusnaakse liefdesverhaal. “Dit wys ook dat alhoewel die lewe soms vir ’n mens donker skadu’s gooi, daar altyd iewers ’n ligpunt is.”
Kyk die lokprent hieronder:
Die temaliedjie, 'Altyd Op Vakansie', is deur Jack Parow en Loki Rothman geskryf. Dit dra nie net by tot die ontspanne atmosfeer van die storie nie, maar bevat ook al die regte bestanddele vir ’n vakansietreffer wat nog vir jare hierna gewild gaan wees.
Show's Stories
-
The healthiest habit to start before 09:00
According to dietitians, this is the healthiest habit to adopt before 09...
Breakfast with Martin Bester 57 minutes ago -
WATCH: Man steals Ford Ranger tyre in broad daylight
Video footage of a man stealing the spare tyre off a bakkie has gone vir...
Breakfast with Martin Bester 2 hours ago