Ontmoet Suid-Afrika se nuwe voorbladster
Updated | By Scenic Drive With Rian
Die SARIE Voorbladgesig-wenner van 2021 is Nicqie Robinson van Kimberley.

SARIE Voorbladgesig, SA se ikoniese voorbladgesigwedstryd vir lesers wat oor die jare al 65 000 inskrywings landwyd getrek het, is in sy tiende bestaansjaar.
Die 2021 SARIE Voorbladgesig-wenner is Nicqie Robinson van Kimberley.
LEES OOK: 'Binnelanders'-aktrise is verloof
https://www.jacarandafm.com/shows/workzone-elana-afrika-bredenkamp/elana-afrika-bredenkamp-dazzles-new-cover-sarie/
Dit was die tweede keer dat Robinson ingeskryf het nadat sy vyf jaar gelede nie die finale rondes kon haal nie. “Ek het gegroei. Is meer selfversekerd as toe," vertel sy oor haar reis met die wedstryd.
Volgens Michélle van Breda, hoofredakteur van SARIE, het Robinson 'n spesiale sprankel.
"Jy kan nie wegkyk nie."
“2020 was inderdaad ’n jaar soos geen ander nie, ook vir tydskrifte,” het Michélle bygevoeg. “Maar ons was vasberade om aan te gaan met die tiende jaar van SARIE Voorbladgesig, ons grootste wedstryd. En dit kleiner te doen, maar stylvol."

Show's Stories
-
Model Marciel Hopkins wys haar eersteling
Die voormalige 'Boer Soek 'n Vrou'-aanbieder en haar aantreklike man, Ha...
The Drive with Rob & Roz 2 days, 5 hours ago -
WATCH: SA reacts to TikToker's new spin on a classic SA dish
If you are bored of eating normal pap, here is a new recipe for you to try.
The Drive with Rob & Roz 2 days, 6 hours ago