'Suidooster' se Marco Spaumer gesels oor kleintyd-Kersfees-herinneringe
Updated | By Dean Paulse
'Suidooster' se Marco Spaumer gesels oor sy Kersfees-herinneringe, planne vir die feestyd en sy boodskap van hoop aan Suid-Afrikaners.

Vir 'Suidooster' se Marco Spaumer is Kersfees 'n spesiale tyd met baie kosbare herinneringe.
"Ek en Marcel (sy tweelingbroer) het 'n jaarlikse tradisie waar ons Kersdag 'Romy and Michele's High School Reunion' kyk. Een jaar op Kersfees het ons niks gehad om te doen nie, en toe begin ons die fliek kyk - en toe maak ons daarvan 'n instelling."
"Hierdie Kersfees sien ek die meeste uit na my nuwe plekkie. En neem ook 'n klein hondjie aan, so hierdie Kersfees hoop ek dat daar 'n klein brakkie in die tuin sal rond hardloop."
"Toe ek so 11 jaar oud was, het ek en Marcel beide 'n CD walkman gekry," lag hy.
"Ons het nie met baie geld groot geword nie, en dit was vir ons 'n groot geskenk. Dit was só spesiaal."
Na 'n emosionele jaar, glo die akteur Marco Spaumer dat daar steeds hoop is, en dat hoop werklik 'n keuse is.
"Die is 'n besluit, 'n keuse. Ek dink nie net hoop daag op nie. Na 'n moeilike en emosionele jaar, moet ons opstaan en 'n besluit neem om hoopvol te wees."
Volgens Spaumer, is daar nie op die oomblik veel positiwiteit nie, maar daar is 'n keuse om hoopvol te wees en as elke Suid-Afrikaner daardie keuse kan maak, sal ons die positiwiteit kan raaksien.
Show's Stories
-
Video: Man achieves balancing act on his fingers
This man balancing on his fingers makes the impossible look effortless.
The Workzone with Alex Jay 18 hours ago -
Mother elephant thanks man for giving baby elephant water
As we celebrate a day that comes with sadness and triumph, we look at th...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 18 hours ago