Good Morning Angels: Helping four-year-old Leo-Nardo live a longer life

Good Morning Angels: Helping four-year-old Leo-Nardo live a longer life

Young Leo-Nardo is a ray of sunshine, but he needs all the help he can get in order to survive...

leonardo image good morning angels

GOOD MORNING ANGELS 7 FEBRUARY 2018 (LEO-NARDO/CARING DAISIES)

BACKGROUND:

Leo-Nardo is four and suffers from severe Scoliosis. His lungs are visible outside of his chest and are facing the wrong direction. He urgently needs an operation to fix this, as he struggles to breathe. He also has an enlarged heart valve and spleen - but the life-threatening situation is that his spine and lungs be corrected. He weighs only nine kilograms and is a little fighter, who does not sit still.

His mom, Narisha, refused to abort him when she was pregnant, and despite warnings that he would not live long, little Leo will be celebrating his fifth birthday in April.

His attitude and joy towards life is his mom’s daily inspiration and she believes that he can live a full and productive life. She says he is extremely clever and she hopes that after the operation he can go to a normal school to start Grade R. Unfortunately, no pre-school wants to accept him at the moment due to his physical challenges.

REQUEST FROM: Child Medi Organization

REQUEST FOR: Leo-Nardo Czovek

ANGEL: Wynand van Vuuren from King Price and Anria van Heerden from the Caring Daisies 

SPONSORING: The Child Medi Organisation has already collected R290,000 for Leo-Nardo’s operation. The Caring Daisies rallied their friends at King Price who will donate the remaining R210,000 needed to make little Leo’s operation a reality! 

YOU CAN HELP: Leo-Nardo will need special care and therapy after his operation. You can contribute through the Child Medi Organisation - [email protected] - towards that care and assistance. Please use "Leo-Nardo" as your reference. 

BANKING DETAILS:

Child Medi Organization

FNB, Cheque

Acc no: 626 325 810 56

Branch Code: 250655

Swift code: firnzajj

Ref: Leo-Nardo 

Section 18(A) Tax Certificates available to companies and individuals.

ORIGINAL REQUEST:

Leo word op 12 April 5 jaar oud. Hy weeg net 9kg.

Hy is tans nie in 'n skool nie, aangesien geen skool by ons hom wil in neem nie.  Ek het hom aangesluit by Besige Breintjies, waar motoriese speelgoed en leer-materiale ontvang asook 'n tablet waarop hy daagliks werk doen en leer.  My gebed is dus dat as Leo klaar is met die operasie wat voorlê, om iewers 'n skooltjie te kry wat hom wel tegemoet sal kom en hom sal inneem.  Hy het dus net die jaar oor vir kleuterskool, volgende jaar moet hy Graad R toe. Sy brein makeer niks nie, en is hy baie slim vir sy ouderdom.  Ek wil hê hy moet so 'n normale lewe kan lei soos almal van ons, ongeag dit wat foutief is.

Leo was gebore met n keisersnee op 32 weke.  Twee keer in my swangerskap wou die Ginekoloog hê ek moet aborteer, wat ek geweier het.  Met die besoeke en sonars, het hy bevind dat Leo ’n watersak oor sy kop het, en het hy dit afgemaak as 'n waterkoppie.  Ek het dus aanhou bid en lewe spreek, en Leo is gebore sonder dit. Dokter het gesê Leo sal net 3-4 dae oud word en hy word al amper 5.

Met die Keiser was Leo donkerblou, en het nie asem gehaal nie.  Hulle het hom gehelp, en die volgende dag was beide van ons ontslaan.

Eers op ongeveer 4 maande het die Pediater agterkom daar is foute, en het hy Leo vir klomp toetse gestuur, waarby ons opgetel het hy is ‘’Noonan Sindroom’’, die hartklep wat verdik is, vergrootte milt en lewer.  Soos ek verstaan het Pediater sy diagnose gemaak as Noonan Sindroom en nie die borskas en rugstring gesien as Scoliosis nie.  Nie eens sy Hartspesialis het die diagnose gemaak met die Scoliosis en Kyposis nie. 

Die hartspesialis het my wel na n Ortopeet verwys, en die het dit goedgedink om te rekonstruktureer.  Ek het gebid daaroor want die uitkoms daarvan op normaliteit was net te negatief.  My brein wou nie saam stem, dat Leo tans loop, sit en hardloop en dit by hom weggevat sou word nie.  Ek verstaan mediesgesproke moet hy le, maar hy doen nie. 

Nie een van bogenoemde dokters het ooit die risikos genoem nie.

Die dag toe Leo begin om na elke 3de asemteug, erger te suig vir asem, het ek besef daar is fout.  Ons gewone GP het xstrale geneem, en ons dadelik na die Spesialis verwys wat Scoliosis spesialiseer.  Eers met Leo se ondersoek by hom, het hy dit onder my aandag gebring dat Leo reeds in 'n kritieke toestand is, omdat sy een long reeds platgedruk word. Dis daarom dat hy so swear asemhaal, want sy breintjie sê vir hom daar is nie genoeg lug nie, hy moet suig om longe vol te maak.  Dit het ook veroorsaak dat hy vinniger moeg word en hartkloppings kry. 

Leo is baie aktief, hou van atletiek hardloop teen my, sy boetie en oumi en oupi, maar dit raak nou vinnig 'n moegstryd.

Leo verb as ons almal, selfs die dokters. Hy het al die foutjies met sy organe en rug, maar deur dit alles hoor jy hom nooit kla nie. Selfs wanneer sy nefies bollamakiesies doen, sal hy dit probeer, al kan hy nie sy lyf oorskop of oorval nie, maar kant toe, dink hy hy kan dit doen.  Ek sê dit nie omdat hy my kind is nie, maar hy is 'n inspirasie vir so baie, selfs vir my.

Ek kry nie tyd om in sak en as te sit en te huil en mismoedig te wees nie, want 1 minuut saam met hom word ek herhinner aan waaroor gaan die lewe.

Ek moet byê, my emosies wissel van geloof, hoop tot vrees. Menslik gesproke is ek 'n bang mamma en hartseer, ek sal nooit verstaan hoekom nie.  Die operasie wat voorlê maak my bang vir die onbekende asook opgewonde vir die normale lewe vir Leo.

Groete

Narisha

Show's Stories