1993 Toyota Corolla klok meer as twee miljoen kilometer

1993 Toyota Corolla klok meer as twee miljoen kilometer

'n Nieu-Seelandse man se 1993-model Toyota Corolla het onlangs die twee miljoen kilometer mylpaal gehaal.

Toyota Corolla 2 Million km
Twitter/ Screenshot

Graeme Hebley, 'n 72-jarige man van Nieu-Seeland het onlangs 'n unieke mylpaal gehaal toe sy 1993-model Toyota Corolla meer as twee miljoen kilometer afgelê het. 

Volgens Maroela Media, loop díe kar se enjin nog perfek en Hebley glo die voertuig sal "vir ewig" op die pad kan bly.

LEES: Amor Vittone gesels oor haar 'fantastiese' nuwe liefde

Die Nieu-Seelandse man werk al vanaf 1968 as 'n kontrakteer vir koerantafleweraars waar hy weekliks omtrent 5000 kilometer aflê.

The Daily Mail berig dat Hebley in Maart vanjaar opgetel het dat sy kar meer a twee miljoen kilometer afgelê het.

KYK: Moot-inwoners gee bekende brug "vriendelike" gesig

Hebley het die 1993 Toyota Corolla in 2000 gekoop toe daar slegs 80,000 kilometer op die klok was. 

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories