'7de Laan'-akteur te sien in Hollywood-fliek 'Planet of the Apes'

'7de Laan'-akteur te sien in Hollywood-fliek 'Planet of the Apes'

Die bekende Suid-Afrikaanse akteur vertolk die rol van een van die ape in 'Kingdom of the Planet of the Apes' wat Vrydag , 10 Mei vrygestel word.

NEIL SANDILANDS KORO
YouTube/ Screenshot

Neil Sandilands, veral bekend onder Suid-Afrikaners vir sy rol as 'Bart' in '7de Laan', is tans een van Suid-Afrika se grootse internasionale akteurs.

Sandilands het vir homself naam gemaak in Hollywood nadat hy rolle in verskeie reekse soos 'The Flash', 'Hap and Leopard', 'The 100' en 'The Americans' vertolk het.

Die talentvolle akteur het ook 'n Emmy-benoeming agter die rug vir sy rol as 'General Abbot' in die Netflix-reeks 'Sweet Tooth'.

KYK: Malcolm Wentzel skenk R100,000 aan jong kankerlyer

Aanhangers van die 'Planet of the Apes'-reeks sal ook bly wees om te weet dat die 49-jarige ook nou 'n rol in die nuuste uitsetsel, 'Kingdom of the Planet of the Apes', verksyn.

Sandilands het onlansg foto's uit Los Angeles gedeel waar hy by die première van die fliek op die rooitapyt geloop het.

Kyk hier:

Neil vertolk die rok van 'Koro', 'the Master of the Birds' wie die protagonist, 'Noa', se pa is.

Hy het aan Huisgenoot vertel dat sy aandeel in die film "maar bitter klein" is, maar dat sy karakter se legende deur die fliek vertel word.

"Ek't darem die trailer gemaak. Checkit of julle my stem herken, want genugtig, toe ons die stemme neergesit het, het ek myself nie eers herken nie," het die akteur op sosiale media geskryf.

Kyk die lokprent hier:

Sandilands het ook onlangs op die silwerskerm verskyn toe hy die rol van 'Wilhelm Leonberger' in 'News of the World' vertolk het.

In die Oscar-genomineerde film het hy, teenoor Tom Hanks gespeel.

In Suid-Afrika is hy ook wyd bekend as beide 'n akteur en 'n musikant, nadat hy die afgelope vier dekades in talle reekse en rolprente verskyn het.

KYK: Sanger Dirk van der Westhuizen maak diagnose bekend

Hy was genomineer vir beste ondersteunende akteur in /n TV-drama by die 2022 SAFTA-toekennings (Suid-Afrikaanse Film- en Televisietoekennings), vir sy werk aan die oorspronklike Showmax-reeks 'Dam'.

Neil was ook genomineer vir die beste volwasse kontemporêre Afrikaanse album by die SAMA-toekennings (Suid-Afrikaanse Musiektoekennings).

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: YouTube/ Skermgreep

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories