942's se Lisa Taylr deel goeie nuus na kankeragtige gewas
Updated | By Etienne Bruwer
Lisa Taylr, hoofsanger van Breakfast with Martin Bester se 942's het haar eerste enkelsnit na haar skildklier-operasie vrygestel.

Talle mense het gewonder wat van Breakfast with Martin Bester se musiekgroep, die 942's gebeur het.
Op Dinsdag, 22 November het hoofsanger Lisa Taylr (17) meer gedeel oor die musiekgroep and haar sololoopbaan.
LEES: Vermiste Willem Kruger vermoedelik "in rivier beland"
Taylr het aan Breakfast with Martin Bester vertel dat sy 'n week na hulle laaste optrede in Pretoria 'n dokter besoek het as gevolg van probleme met haar skildklier.
Na verdere ondersoeke, skanderings en doktersbesoeke het hulle gevind dat daar 'n kankeragtige gewas op Taylr se skildklier was.
Die volgende stap was 'n oparsie om die gewas te verwyder, alhoewel die operasie self gevaar ingehou het en haar stembande kon beseer.
Voor haar operasie het Taylr besluit om op haar musiek te fokus, waar sy liedjies geskryf en opgeneem het.
Uiteindelik het die 942's hoofsanger vir die operasie gegaan wat gelukkig 'n reuse sukses was.
LEES: Charlize Theron calls Afrikaans a "dying language", says "it's not a very helpful language"
"Ek is baie dankbaar en dis te danke aan genade van bo. Alles het goed gegaan," het Taylor vertel.
Maandag het Lisa Taylr uiteindelik vir eerste keer die kans gekry om haar nuutste enkelsnit 'Quicksand' vry te stel.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
4 truths all parents should acknowledge
These parenting truths aren't shared to make you feel bad or guilty, but...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 36 minutes ago -
Traditional ironing in Egypt doesn't seem that sanitary
A real-life "ironing" man uses his mouth and some water to perform the s...
The Workzone with Alex Jay 37 minutes ago