Vermiste Willem Kruger vermoedelik "in rivier beland"

Vermiste Willem Kruger vermoedelik "in rivier beland"

Die ondersoek in verband met die vermiste 29-jarige Willem Kruger is steeds sterk aan die gang.

Willem Kruger
Twitter/ Screenshot

Willem Kruger is vir die laaste keer op 13 November om 01:00 by 'n ramparty in Mpumalanga gesien. 

Die 29-jarige is laaste gesien in 'n blou t-hemp en 'n khaki-kortbroek. Kruger is ook gesien in sy wit Toyota Hilux Dakar-bakkie.

 FOTO'S: Neels van Jaarsveld spog met nuwe liefde

https://www.jacarandafm.com/news/entertainment/fotos-neels-van-jaarsveld-spog-met-nuwe-liefde/

Breakfast with Martin Bester het met spesialis ondersoeker Mike Bolhuis gepraat oor die insident. 

Volgens Bolhuis is daar sterk vermoede dat Kruger se bakkie in die Vaalrivier in Mpumalanga opgeïndig het.

Volgens sosiale media plasings en ander berigte, sou Kruger die aand van die ramparty by Henbase Lodge in Mpumalanga oorslaap. 

Friday Live: Pieter Koen sing sy weergawe van 'Lady In Red'

Netwerk 24 berig dat die vermiste man vermoedelik besluit het om 01:00 die oggend van Mpumalanga vertrek het na sy familieplaas net buite Groblersdal. 

Dit is die laaste keer wat Kruger gesien is. 

Verdere inligting dui daarop dat deel van die plaveiselpad teenaan die Vaalrivier ingetrap is. Wielspore wat dieselfde breedte as Kruger se bakkie s'n is, is op die grond langs die plaveisel gevind. 

Sakkie Lourens, stigterslid van Bosveldsmisdaadondersoeke het bevestig dat die plan nooit was dat Kruger sou huis toe ry nie. 

Volgens Maroela Media, is daar 'n moontlikheid dat Kruger op die pad vermis geraak het alhoewel geen padkameras sy voertuig opgemerk het nie. 

LEES: Daar is tans 6,8-miljoen Afrikaanssprekendes in SA

Kruger se familie het om Sondagmiddag by die huis verwag. Na hy nie opgedaag het nie en hulle hom nie kon opspoor hulle sy familie hom as vermis aangemeld. 

Vele Suid-Afrikaanse bekendes het ook sosiale media plasing oor Kruger se verdwyning gedeel. 

Persoonlike Inligting:

• Name and Surname: WILLEM PETRUS LOUW KRUGER

• Age: 29 YEARS

• Build: AVERAGE

• Weight: +/- 100kg

• Height: +/- 2m

• Clothes worn when last seen: BLUE SHIRT AND KHAKI SHORT PANTS

Inligting van voertuig:

• Vehicle type: TOYOTA HILUX DAKAR

• Registration number: FBH 948 L

• VIN number: AHTHA3CC403353849

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories