Daar is tans 6,8-miljoen Afrikaanssprekendes in SA
Updated | By The Drive with Rob & Roz
Die Oscar-wenner Charlize Theron is in die spervuur na haar opmerking oor Afrikaans. Maar is die taal werklik besig om uit te sterf? Joernalis Christelle du Toit deel meer navorsing oor Afrikaans.

Die Oscar-wenner, Charlize Theron, 47, het in 'n nuwe potgooi-onderhoud onthul dat sy eers op 19-jarige ouderdom Engels begin praat het, aangesien haar tuisdorp, Benoni, hoofsaaklik Afrikaans is.
LEES: Neels van Jaarsveld spog met nuwe liefde
Die Hollywood-ster het genoem dat Afrikaans besig is om uit te sterf - en dat daar net ongeveer "44" mense is wat nog Afrikaans praat.
"Daar is ongeveer 44 mense wat dit (Afrikaans) nog praat. Dit is beslis 'n sterwende taal en dit is nie 'n baie nuttige taal nie."
LEES: Pieter Koen sing sy weergawe van 'Lady In Red'
Maar is dit werklik 'n "sterwende taal"? Of lê daar 'n berg tussen Charlize Theron en ander Afrikaans sprekendes (al 43 van hulle)?
Joernalis Christelle du Toit het met ViVa Afrikaans gesels oor die opmerking en of die taal besig is om uit te sterf, asook hoeveel mense dit praat.
Volgens Marlie Coetzee, uitvoerende direkteur van VivA Afrikaans, is daar tans:
- 6,8 miljoen Afrikaanssprekendes in Suid-Afrika en die ;n twintig jaar projeksieplan stel voor dat in 2041 daar meer as 7,1 miljoen Afrikaanssprekendes in Suid-Afrika sal wees.
- Dit dui op 'n toename van 4,7% in die Afrikaanse bevolking in Suid-Afrika.
Skakel in op 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 -19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Meer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
Gambling over who pays for lunch is risky business
That's the thing with gambling, you've got to follow through with the te...
The Workzone with Alex Jay an hour ago -
Vehicle theives around Gauteng target elderly females
The suspects are working in groups of three, targeting elderly female sh...
The Workzone with Alex Jay an hour ago