AB de Villiers surprises emotional 14-year-old fan

AB de Villiers surprises emotional 14-year-old fan

A young Pretoria cricket fan gets a surprise from one of the greatest batsmen of all time.

AB mArtin breakfast
Breakfast with Martin Bester

AB de Villiers is regarded as one of the greatest batsmen of all time. The Proteas star announced his retirement from all international cricket with immediate effect. He said: ”This is a tough decision. I thought long and hard about it and I’d like to retire while still playing decent cricket.”



What happened next Leo didn’t expect in his wildest dreams!


Leo’s mother, Elsabe wrote to Jacaranda FM about her son being extremely upset about his cricket hero AB de Villiers retiring. Breakfast with Martin Bester arranged a mock interview with Leo about his cricket hero.

Ek wil graag vandag iets met julle deel,

AB se uittrede  uit internasionale krieket het gistereaand soos ‘n bom in ons huis gebars. Ek het soos gewoonlik my seun na sy hokkie wedstryd gaan oplaai by die skool en gevra of hy gehoor het AB het bedank, hy het gedink ek maak ‘n grap maar het toe self die nuus op die radio gehoor.

Met ons aankoms by die huis kon hy dit nie meer inhou nie en het onbeheersd in trane uitgebars, hy het hartverskeurend gehuil tot hy uiteindelik raas gekry het en in die bed moes gaan klim. Sy hart is in stukke.

Kom ek vertel julle van my seun Leo

Nog nooit het ek op so ‘n jong ouderdom soveel passie vir die game gesien nie. Hy volg elke liewe wedstryd, mis nie die IPL nie, ken elke speler by naam en ook hulle statistieke en asof dit nie genoeg is nie kyk hy al die vorige  ou wedstryde  op youtube, analiseer die spel en spelers en sal hulle dan ‘raad gee’ oor watter hou om te speel of watter bal om te bowl.

Hy is self ‘n kranige krieket speler,  hy was die o/11 Noordelike Distrik krieket Kaptein in die kaap en het die o/13 Noord Gauteng Krieket span verteenwoordig. Hy het 2 keer in Sri-lanka gaan speel as deel van ‘n uitnodiging span.

My kind leef vir krieket,  as daar ‘n dag verbygaan wat hy nie kan oefen of krieket speel nie raak hy skoon depressief. As ons by die huis kom na ‘n 50 over wedstryd,  sal hy vir sy pa vra om saam met hom tuin krieket te speel.

Hy droom groot en wil eendag vir die Proteas speel. Die rede dat ek vandag hierdie met julle deel is dat ek soms wonder of die spelers besef hoe ‘n groot invloed hulle op ons kinders het, hoe hulle opkyk na die spelers en bewonder. Hulle is rolmodelle en heroes.

AB jy is ‘n legend, nie net vir die wêreld nie maar vir my 14 jarige seun wat jou met groot bewondering volg en hoop om eendag in jou voetspore te volg. Ek dink nie ons kon vir ‘n beter rolmodel vir ons seun gevra het nie, DANKIE!

‘n Trotse ma

READ ALSO: AB de Villiers retires from international cricket

The moment AB de Villiers surprised Leo Sadler.


AB 1
Breakfast with Martin Bester
AB 2
Breakfast with Martin Bester


The cricket legend even made time to play cricket in Leo's backyard.


AB 3
Breakfast with Martin Bester

 

Even Martin Bester joined in!


AB 4
Breakfast with Martin Bester

Show's Stories