Sanger Arno Jordaan deel video van brandende Sun City gebou

Sanger Arno Jordaan deel video van brandende Sun City gebou

Die Suid-Afrikaanse sanger was by die bekende oord saam met Prinses Charlene van Monaco toe die vlamme uitgebreek het.

Arno Jordaan at Sun City Fire
Facebook/ Skermgreep

'Engele' sanger, Arno Jordaan, het Saterdag 'n video van Sun City se Cabanas Hotel kombuis wat aan die brand was, op sosiale media gedeel 

Die video wys hoe bolle rook uit die dak van die Cabanas Hotel se kombuis uit kom terwyl toeksouers in skok staar na die voorval.

Prinses Charlene van Monaco was tydens die voorval by Sun City vir haar Water Bike Challenge wat geld insamel om waterveiligheid te bevorder. 

Ander video's van die brand is ook op sosiale media gedeel en het vinnig oor verskeie platforms versprei. 

Sun City het Saterdag na 16:00 bevestig dat die vuur geblus is. Niemand is tydens die voorval beseer nie.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Facebook/Skermgreep

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories