Barto, Bernice West en Dirk van der Westhuizen sing SA se grootste saamsing-liedjie

Barto, Bernice West en Dirk van der Westhuizen sing SA se grootste saamsing-liedjie

Suid-Afrikaanse musikante Barto, Bernice West en Dirk van der Westhuizen het hulle weergawe van een van Suid-Afrika se grootste saamsing-liedjies opgetree.

BMB, Barto, Bernice and Dirk
Jacaranda FM

Breakfast with Martin Bester en die luisteraars was laasweek Donderdag bederf met 'n sterbelaaide-optrede saam Kurt Darren, Juanita du Plessis en Brendan Peyper. 

Die trio het hulle weergawe van die legendariese-treffer 'Sweet Caroline' opgetree voor vanjaar se Krone By Loftus-konsert.

'Sweet Caroline' is deur Breakfast with Martin Bester se luisteraars as een van die beste saamsing-liedjies in die wêreld gekies. 

LUISTER: South Africa’s ultimate playlist of sing-along songs

Drie ander Krone-kunstenaars, Barto, Bernice West en Dirk van der Westhuizen is ook uitgedaag om een van die beste saamsing-liedjies op Breakfast with Martin Bester op te tree en hulle het die uitdaging aanvaar!

Barto, Bernice en Dirk het besluit om een van die grootste plaaslike liedjies in Suid-Afrika te sing - 'Kaptein' deur Kurt Darren. 

Krone is 'n jaarlikse moewiese saamsing jol waar van ons gunsteling kunstenaars treffers van die 60's tot nou in Afrikaans en Engels sing!

Dit is musiek vir die hele familie wat saam kuier om ‘n 360-grade verhoog in die middel van Loftus. Dis 'n massiewe belewenis!

Meer as 'n 100 hit songs gaan gesing en "beKROON" word. Van 'Johnnie Blou' tot by 'Sweet Caroline', van 'Toer Om Die Vloer' tot by 'Mamma Mia!'

KYK: Kurt Darren, Juanita du Plessis en Brendan Peyper sing legendariese-treffer

Jy kan uitsien na van jou gunsteling kunstenaars soos Appel, Bernice West, Barto, Brendan Peyper, Christia Visser, Dirk van der Westhuizen, Elandré, Eloff, Jan Jan Jan, Juan Boucher, Juanita du Plessis, Kurt Darren, Leah, Liezel Pieters, Nicholis Louw, Prop, Reën, Refentse, Ricus Nel en Snotkop!

Bederf jou hele familie en bring jou beste vriende saam. Kry gou jou kaartjie by iTickets.co.za

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories