KYK: Bok Herschel Jantjies spog met geboorte van eersteling

KYK: Bok Herschel Jantjies spog met geboorte van eersteling

Suid-Afrikaanse rugbyspeler Herschel Jantjies en sy meisie Kelsey Thomas het in November aangekondig dat hulle 'n baba verwag.

Herschel Jantjies and Kelsey Thomas
Instagram/ Screenshot

Die nuus was onlangs oorlaai met Suid-Afrikaanse rugbyspelers se aankondigings dat hulle baba's verwag of dat onlangs pa's geword het.

Die nuutse rugbyspeler om die goeie nuus te deel is Stormers-ster Herschel Jantjies. 

EERSTE FOTO: Springbok Eben Etzebeth en vrou verwelkom baba

Jantjies en sy jarelange meisie Kelsey Thomas het in November 2023 hulle swangerskap aangekondig. 

Uiteindelik is die klien pienkvoet hier! 

Die glanspaartjie het foto's op Instagram gedeel waar hulle die geboorte van hulle eersteling aangekondig het. 

Op die foto's sit die rugby-ster met 'n breë glimlag terwyl Thomas haar pasgeborebaba styf in haar arms vashou.

KYK: Nóg 'n Bokbaba is op pad

"Alyssa-Rose… Perfeksie! Dankie Jesus vir 'n gesonde klein dogtertjie," het Thomas op Instagram geskryf.

Volgens Huisgenoot het Jantjies en Thomas vir klein Alyssa-Rose op 1 Februarie in die wêreld verwelkom.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af. 

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Jacaranda FM

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories