Die Jacaranda FM bus is oppad na Innibos!
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees in Mbombela (Nelspruit) rol vanjaar van 27 tot 30 Junie.

Die einste bus wat met Jacaranda FM aanbieders se gesigte pronk, is oppad na Innibos om ‘n naweek van puik musiek, uitstekende teater, kunsuitstallings, en vele meer te geniet!
Een van die hoogtepunte is beslis die Jacaranda FM Konsert op die hoofverhoog. Wees daar op Vrydag, 29 Junie, en begin ’n feestelike naweek saam met Bok van Blerk, Elvis Blue, Kurt Darren, Karlien van Jaarsveld, Touch of Class, Martin Bester, en Elandré Schwartz. Kry jou kaartjies hier.
LEES OOK: Dis hoe ons rol by die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees!
Martin Bester se Ontbyt program saai uit van die Emnotweni ateljee Vrydagoggend om die naweek van veesvierige af te skop. Elvis Blue, met 3 platinum- en 1 goue albums agter sy blad, gaan op Friday Live optree. Die skreeu snaakse Schalk Bezuidenhout, wie al ‘n voorvertoning gedoen het by een van Trevor Noah se optredes, sluit ook by Martin Bester aan.
Sien jou by Innibos!

Show's Stories
-
Hat-stealing CEO releases statement about US Open incident
The 2025 US Open has not been short on viral moments.
The Drive with Rob & Roz 10 hours ago -
LISTEN: "My friend has the grossest habit!"
This slightly disgusting habit might be more common than you think...
The Drive with Rob & Roz 10 hours ago