Een van SA se mees gewilde musiekfeeste is terug!

Een van SA se mees gewilde musiekfeeste is terug!

Maak reg vir 'n FEES! Die gewilde musiekfees, Liefde By Die Dam, is terug! 

Liefde By Die Dam
Verskaf

Vir die afgelope twee jaar het die pandemie alle konserte gekelder, maar nou is dit gelukkig weer tyd om die hekke wyd oop te swaai en te laat waai! Liefde By Die Dam is een van daardie feeste wat musiefliefhebbers op hul kalender merk. 

“Next level” soos die outjies in die voorste ry dit noem. Groot name op een van die grootste musiekverhoë in die land. Die program sorg vir die heerlikste musiek vir jonk en oud, 'n ideale dag uit saam met jou vriende en familie.

Pierre Greeff van 'Die Heuwels Fantasties', ook mede organiseerder van Liefde By Die Dam, sê dat dit vir hulle belangrik is om `n platform te skep waar die beste van die Suid-Afrikaanse Musieklandskap aangebied kan word. Hy sê: “Ons kies kunstenaars wat ons wéét die verhoog behoorlik sal laat vlamvat. Ons is baie gelukkig dat almal op ons A-lys ingestem het. Feesgangers kan verwag om hulle persoonlike gunstelinge te sien optree met net die heel beste klank op `n groot verhoog! Ons begin nou al werk en haal alles uit om vir almal wat saamkom by die onderskeidelike konserte, een van die beste fees-dae ooit te kan gee.” 

Die gewilde komediant en akteur Schalk Bezuidenhout is vanjaar die seremoniemeester by beide konserte. Bezuidenhout wat ons met sy “Feeling good, feeling positive!” sosiale media inskrywings vermaak sedert die grendel-tydperke in 2020 begin het, vertel dat mense 'n “grote kan verwag!” Hy sê: “Hierdie kunstenaars is honger om te perform! En ons weet die mense is ook honger vir 'n hell of a show!

Francois van Coke tree vanjaar by die Johannesburg konsert op en sê dat hy baie bly is oor die aankondiging. “Ek is van die begin af deel van die Liefde by die Dam familie. Ek kan nie wag om weer op hierdie ongelooflike verhoog te staan nie. Sien julle daar; ek kan nie wag nie!” 

Maak reg vir 'n Fees! Hier is die kunstenaars wat feesgangers vanjaar op die Liefde- verhoë gaan sien:

Johannesburg 3 April:

'Die Heuwels Fantasties', Francois van Coke, Appel, Elandré, Demi Lee Moore, Bernice West, Youngsta CPT, Robbie Wessels, Refentse en Schalk Bezuidenhout.

Kaapstad 9 April:

Die Heuwels Fantasties, Spoegwolf, Appel, Elandré, Demi Lee Moore, Bernice West, Youngsta CPT, Robbie Wessels, Refentse en Schalk Bezuidenhout. 

Liefde By Die Dam
Verskaf
Kaartjies: 

Bespreek jou kaartjies by www.liefdebydiedam.co.za 

Algemeen: R295.00

Liefde kaartjies: R495.00 (dubbelkaartjie vir 2)

VIP areas met gratis kroeg, sitplekke en sambrele. Maksimum 30 Mense – beskikbaar teen R40 000. 

Kom deel in `n heerlike, gesellige musiek-dag by die dam – bring piekniek mandjies. Daar sal ook `n verskeidenheid kosstalletjies wees.

Volg #LiefdeByDieDam op sosiale media:

Liefde By Die Dam Web: http://www.liefdebydiedam.co.za 

Liefde By Die Dam Facebook: https://www.facebook.com/LiefdeByDieDam

Liefde By Die Dam Twitter: https://twitter.com/LiefdeD

Liefde By Die Dam Instagram: https://www.instagram.com/LiefdeByDieDam

Show's Stories