KYK: Elandré sing van die grootste treffers op Friday Live
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Suid-Afrikaanse musikant Elandré het oor sy nuwe album 'Estetika' gesels.

Die einde van die jaar is om die draai en daar is tans baie om te vier!
Om mee te begin het die bekende Suid-Afrikaanse kunstenaar Elandrè Vrydag op Breakfast with Martin Bester gekuier om te gesels oor sy nuwe album 'Estetika'.
KYK: Sanger Riana Nel deel opwindende nuus op Friday Live
'Estetika' mik skynlik vir die Maan, met 'n speellys gelaai vol nostalgiese energie en Elandré se getroue hoekbelaaide pop/rock aanslag. 'n Romantiese reis deur Afrikaanse-motorhuis-ruk-en-rol.
Die 'Vuur Op Die Water'-sanger het 'n medley van 'Closing time', 'She's so High' en 'Teenage Dirtbag' op Friday Live opgetree om die nuwe album te vier.
Kyk hier:
Die sanger het ook aan Breakfast with Martin Bester se Sing Ding deel geneem.
@jacabreakfast #SingThing - song association with @Elandré 🤩 #Radio #Music #Fyp #SongAssociation #Challenge ♬ original sound - Breakfast with Martin Bester
Elandré het ook hierdie jaar se SPAR se Carols by Candlelight ko afskop op Breakfast with Martin Bester.
Hy is een van hierdie jaar se besonderse SPAR Carols by Candlelight-kunstenaars!
Ander kunstenaars sluit in:
- Judith Sephuma
- Brendan Peyper
- Demi Lee Moore
- Kurt Darren
- Paxton
- Elandré
- Charlize Berg
- Ross Learmonth
- Bernice West
- Lloyd Cele
- Soweto Gospel Choir
- Swing City
Datum: 6 Desember 2023
Venue: SunBet Arena Time Square
Koste: R65 vir die konsert
Tyd: 19:00 to 21:00
Kry jou kaarjies hier:

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
The 6 traits of cool people
What is it that makes someone really cool?
Breakfast with Martin Bester 48 minutes ago -
Scientists reveal the 'perfect' male body type for women
Ever wondered what the perfect male body type might look like? Scientist...
Breakfast with Martin Bester an hour ago