Good Morning Angels: Helping a breadwinner mom following tragedy

Good Morning Angels: Helping a breadwinner mom following tragedy

The new decade starts with a break for a widowed mom and gran.

Good Morning Angels
Supplied

BACKGROUND: Michla Botes is a 40-something mother of three daughters and gran of a two-year old grandson. She is the family’s breadwinner and rock. As a social worker for an NGO in Potchefstroom, Michla also serves the larger community they live in. She and her three daughters, now aged 19, 13, and 8 had a rocky start. Michla fell pregnant while still a student, finished her honours with help from her dad and married the father of her daughter six years later. The marriage ended in divorce. A few years later, she met her second husband, Renier, and the family finally had some loving stability. Last February tragedy struck: Renier fell from the roof of his parent’s home, while doing some repairs. He died in hospital from severe brain injuries a few days later. Michla and her daughters were crushed…

Michla’s dad, Koos, a pensioner from Pretoria, reached out to Good Morning Angels to assist as he is not able to help his daughter carry the financial burdens that the loss of her husband has left behind. Koos writes: “Michla calls me her “hero” dad … but a father can only do so much and then all that is left is prayer … Michla’s hero cannot disappoint her!”  

REQUEST FOR: Michla Botes and her children

REQUEST FROM: Dad, Koos Grey

ANGEL 1: Anton Prinsloo from PSG Wealth Silver Lakes

SPONSORING: PSG Wealth will donate R20,000 to assist Michla with school fees and necessities for her children.   

ANGEL 2: The Good Morning Angels Fund NPC

SPONSORING: The GMA Fund will match the PSG Wealth Donation to assist Michla to pay debts and sort out her car.

ORIGINAL REQUEST: Goeie middag Angels,

Ek skryf as ’n stukkende en bekommerde Pa omtrent my dogter, Michla veral nadat ek haar “ Hulp Kreet” epos ontvang het. Ek is ’n Pensionaris en kan nie my kind en Kleinkinders en Agterkleinseun finansieel help nie. Daarom skryf ek aan “Angels” en glo daar is ’n Engel wat hoor en verstaan.

Michla is 42-jaar oud en is ’n Maatskaplike Werker en beklee die pos van Adjunk Direkteur by Mental Health NGO Potchefstroom Noord-Wes.

Sy het haar BA.Hon. Maatskaplik verwerf aan die Puk in die laat 90-tigs.

Sy het swanger geraak in haar finale jaar en ons het deurgedruk en sy het haar Graad verwerf.  

Die pragtigste kleinkind, Anria, is gebore op 24  Desember 2000.

Michla het aanhou studeer - toe  kon  ek  nog  help - en het haar Honeurs in Maatskaplik verwerf.

Sy is 5 jaar na Anria (nou 19) se geboorte getroud met Anria se biologiese Pa.

Hulle het toe nog 2 dogters, Miandri (13) en die jongste, Duane (8).

Die huwelik het erg skeef geloop en hulle is geskei ongeveer 6 jaar gelede.

Michla was gedurende die huwelik maar die hoof-broodwinner en het goed vir haar 3 dogters gesorg binne haar vermoë .

Drie jaar gelede het Michla ’n baie oordentlike man, Renier Botes, ontmoet en hulle is getroud en was sielsgelukkig. Hy was ’n wonderlike Pa vir die 3 dogters en ook 'n  hardwerkende broodwinner.

Op 17 Februarie 2019 het Renier van sy Ma se huisdak afgeval tydens herstel van die dak en hy is op 19 Februarie 2019 oorlede aan erge breinbeserings.

Dié val het ten aanskoue van sy ouers en Michla en die dogters plaasgevind. 

Toe het Michla-hulle se lewens inmekaar geval … totaal!

Sy werk steeds, maar die teespoed hou net nie op nie.

Twee jaar gelede het Anria, die oudste dogter, swanger geraak en Ruandré is gebore.

Toe is daar nog ’n magie om te voed en om voor te sorg.

Michla se motor, al baie oud, het die afgelope 2 maande erge defekte gekry.

Sy het nie kontant gehad vir die herstel-koste nie en het ’n lening by Sanlam bekom vir R 21 000.00 wat sy maandeliks teen R 1 800.00 terugbetaal.

Nou is die motor weer stukkend en ons kyk na ’n verdere R 10 000.00 vir herstel. Die motor is tans seker slegs R30 000.00 werd.

So mens kan ook nie net geld inpomp in ’n stukkende tenk nie.

Hiervoor het sy regtig nie die geld nie en moet nou die kinders by die skool besorg en alles met geleenthede van ander doen. 

Michla se gesondheid is ook besig om te verswak a.g.v. die spanning en stress.

Maar sy bly as Gelowige mens aan die gang! 

Miandri, die middelste dogter gaan 2020 na Girls High in Potch … haar keuring was suksevol. Sy is ’n baie begaafde kind en doen uiters goed op skool en sy is kunstig. ’n Regte TROTS vir ons! Miandri het ’n 50% beurs gekry, waaroor ons baie dankbaar is. Die balans in skoolgelde moet Michla in 10 maande volgende jaar terug betaal. 

Nou moet die skoolklere vir die nuwe skool gekoop word en ja, die R 5 500.00 skop mens nie agter elke bossie uit nie.

Duane die jongste, ‘n mooi  rooikoppie, is volgende jaar in Graad  3.

Michla sorg ook vir Anria en haar seuntjie, Ruandre. Anria se kwalifiksies is te swak - sy het graad  7- om ’n goeie werk te bekom. 

Anria het nou ’n tydelike pos vanaf 25 Nov. op proef, tot 25 Januarie 2020. 

Michla en haar dogters en kleinseun kry swaar en maak dit net nie met al die lewenskostes wat daagliks styg nie.

En ja, die motor wil net nie meer nie.

Ek het by familie probeer namens Michla om finasiële hulp te kry, maar niks gebeur nie. 

Ek glo uit my hart dat Michla Botes se geval werklik ’n hulpkreet is.

Ek is besorg oor haar en bang dat sy fisies kan ingee en danksy ons gebede en motivering sedert haar man se dood in Februarie, blyk sy geestelik sterk te wees.

Michla noem my haar “Hero  Pa “ … maar ’n pa kan net soveel en dan voel ’n man plat, want jy kan net Bid!   

Mag nie dat haar Hero haar teleurstel  nie!!! 

Ek glo dat julle die nodige sal kan doen. 

Dankie dat julle daar is vir die “mens in nood“ en voorspoed met julle onderneming.

Vriendelike groete,  

Koos Grey

Show's Stories