Good Morning Angels New Year's Edition: Deaf rugby player to study engineering

Good Morning Angels New Year's Edition: Deaf rugby player to study engineering

The first-ever deaf Craven Week Pumas rugby player is on his way to becoming an engineer, with the help of Good Morning Angels' New Year's Edition in partnership with #SabatBatteries.

Arthur McGee Good Morning Angels New Year'sEdition
Supplied/ Arthur McGee (Red) with his three brothers

BACKGROUND: Arthur McGee, 18, from Nelspruit is his parent’s only child. He loves sports and the outdoors. In primary school, he played Craven Week rugby in the Pumas team, and became the first deaf player to do so! 

He has also represented Mpumalanga on the hockey field and loves playing cricket. He was not supposed to do any of these things. When he was three, McGee received his first cochlear implant and the second the next year. At R300,000 per ear, this was a cost his parents could not cover - but they did it with the help of the Nelspruit/Mbombela community. 

McGee was not supposed to go to a mainstream school and the family were on their way to move to Pretoria, so he could attend a special needs school. However, he insisted that he wanted to go to a “normal” school in his home town, so his mom convinced the principal to give him a chance - just for one semester.

At the end of the semester, the principal asked him to please stay, and the rest is history.

McGee will start his Industrial Engineering studies at the University of Pretoria next month and his parents are doing all they can to fund this. The upkeep of his implants and hearing aids cost a small fortune but - like always - they’ve decided to go for it anyway. Friends of the family reached out to Good Morning Angels to assist this remarkable young man and his devoted parents.

REQUEST FOR: Author McGee

REQUEST FROM: Carel and Wilna Erasmus

ANGEL: Corné Strydom representing Sabat Batteries

SPONSORING: Sabat Batteries will assist Arthur McGee with his first year Industrial Engineering studies at Tuks, by covering the R60,000 needed for his tuition fees. The folks at Sabat Batteries will also assist him with getting new rechargeable batteries for his hearing aids, at a total of R30,000. That’s a total sponsorship of R90,000.

ORIGINAL REQUEST: 

Beste Martin Bester en span,

Ek is opgewonde om ‘n brief aan julle te skryf!  Dit is altyd die beste deel van my dag om na hierdie program van julle te luister! Ek kan nie hierdie geleentheid nalaat om baie nederig te vra om ‘n merkwaardige leerling van Hoerskool Nelspruit te oorweeg vir hierdie studie-beurs nie! 

Graag deel ek met julle Arhur McGee se storie….

Arthur is gebore as ‘n normale, gesonde baba!  Op die ouderdom van twee het sy ma onraad vermoed toe hy nie meer reageer as sy met hom praat, of roep nie.  Sy het hom na die plaaslike pediater, Dr Johan Botha geneem. Hy het ook onraad vermoed en hom na die oor-, neus- en keelspesialis, Dr Louis Vosloo geneem. Dr Vosloo het hom verwys na die oorinstituut in Pretoria. Hier is hy gediagnoseer met ernstige gehoorverlies en gepas met gehoor apparate. Op die ouderdom van vier was die apparate oneffektief en kon hy nie meer hoor met gehoor apparate nie.  

Op hierdie stadium is aan sy ouers meegedeel dat hy geen gehoor meer het nie en dat dit ‘n senuwee probleem is. Sy ouers het ook die nuus gekry dat hy nooit in ‘n gewonde hoofstroomskool sal kan wees nie en dat hy na ‘n skool vir gehoorgestremdes sal moet gaan.  

Hierdie nuus was ingrypend en skokkend! Die enigste hoop nou was ‘n kogliere-inplanting waarvoor hy toe goedgekeur is, alhoewel hy steeds na ‘n skool vir gehoorgestremdes sou moes gaan.

Die operasie is goedgekeur en die kostes hiervoor was in 2007 R300 000 vir die regter oor en in 2008 weer R300 000 vir die linkeroor. Die fondse hiervoor is deur die gemeenskap ingesamel. Arthur se ma moes haar werk bedank en voltyds begin met rehabilitasie asook tuis-onderrig. Carel du Toit Skool vir dowes se tuisprogram by die huis is gevolg. Met die hulp van spraakterapie het hy weer stadig geleer praat.

Hy was skoolgereed op die ouderdom van ses. Sy ouers het beplan om te verhuis na Pretoria sodat hy die gestremde skool kon bywoon. Sy pa se werksoorplasing was reeds goedgekeur.

Arthur het egter anders besluit!. Hy het elke dag as hulle verby die "gewone-skool" ry sy ma gevra of hy asseblief net eenkeer op hulle rugbyveld kan gaan speel.  Sy ma, Hannelie het besluit om die skoolhoof te nader en te vra of Arthur asb net een kwartaal na hulle skool kan kom. Sy het onderneem om sy skoolwerk met hom te doen in die middae en wou sodoende gladnie ongerief of ontwrigting vir die klas of juffrou veroorsaak nie. Die skoolhoof was eers baie skepties, maar het voorwaardelik hiertoe ingestem.

Na die eerste kwartaal het Arthur so goed aangepas, (sonder enige ekstra aandag van sy juffrou) dat die skoolhoof vir Hannelie hierdie keer genader het met die versekering dat Arthur die jaar kan bly.

Arthur het Graad 7 voltooi by Laerskool Bergland. Hy het hom deur niks laat onderkry nie! Hy het reeds van graad 2 af aan al die skool se aktiwiteite en sport deelgeneem! Arthur was elke jaar in die A-span rugby en kriektet. Arthur onderskei hom ook as die eerste gehoorgestremde in die Puma se rugbyspan wat aan die Cravenweek deelgeneem het.

Arthur sien kans vir Hoërskool Nelspruit. ‘n Skool met nagenoeg 1400 leerlinge!  n NHS maak Arthur vinnig sy merk op vele terreine! Hy is reeds van Graad 8 af in die A-Span hokkie en speel ook elke jaar vir Mpumalanga asook Noordvaal. Op die krieketveld los hy ook diep spore en is reeds in graad 10 gekies vir die skool se eerste span.  

Arthur se getuigskrif as mens loop hom vooruit. Arthur eindig ook sy hoërskool loopbaan af op ‘n hoë noot met die ontvang van Die Hoof se toekinning op die jaarlikse prysuitdeling. Hy het homself ook op akademiese gebied bewys. Arthur se droom is om homself te kan kwalifiseer as ‘n Bedryfs Ingenieur.  Hy is dan ook goedgekeur by Tukkies vir sy studierigting. As gevolg van finansiële uitdagings rondom Arthur se gestremdheid is sy droom in die weegskaal. 

‘n Gehoorgestremdheid bied enorme uitdagings rondom finansies. Kostes rondom kogliere-inplantings is enorm. Die inplantings word gemiddeld elke drie jaar vervang en die koste beloop min of meer R130 000 per oor. Die inplantings werk met batterye wat daagliks vervang moet word. Die daaglikse kostes vir die batterye is R100. Hy het wel herlaaibare batterye wat R15 000 per battery is. Op die huidige stadium is die herlaaibare batterye uitgedien en kan hy nie meer daarop staat maak nie, aangesien dit in die middel van die dag afskakel. 

Die McGee-gesin het nie net die uitdagings rondom Arthur nie!  Sy ouma het blind geword en sy is in ‘n versorgingseenheid waar die gesin ook vir haar finansieel ondersteun. Met bogenoemde in ag geneem is dit duidelik dat Arthur ‘n besonderse jong man is en ‘n reuse inspirasie vir elkeen wat met hom paaie kruis. Met Arthur se deursettingsvermoe en positiewe karakter is dit duidelik dat hy ‘n reuse sukses maak van elke geleentheid wat aan hom gebied word. 

Hiermee doen ek met ‘n groot opgewondenheid namens Arthur (en natuurlik sy ouers) aansoek tot  ‘n studiebeurs vir jul gunstige oorweging.

Baie dankie 

Groete Carel en Wilna Erasmus

Good Morning Angels New Year's Edition in partnership with #SabatBatteries.

Good Morning Angels New Year's Edition Sabat Batteries
Supplied

More From Jacaranda FM


Show's Stories